’n Werk deur Haacke wat reaksie van die Guggen- heim Museum ontlok het, waar dit uitgestal sou word het debat ontlok oor die kwessies van sen- sorskap. Dit het bekend gestaan as Shapolsky et al. Manhattan Real Estate Holdings, Real Time Social System, as of 1 May, 1971. Die Guggenhe- im se direkteur, Thomas Messer, het hierdie werk volgens die museum se bestuur as “ongeskikte” inhoud beskou, terwyl Haacke dit beskou het as ’n verkenning van sosiale en institusionele stelsels. Die werk bestaan uit diagramme en
142 swart-en-wit-foto’s van deelhuisboufasades wat vanaf straatvlak geneem is. Onder die foto’s het hy ’n stelling getik wat inligting onthul het oor die eiendomsmagnaat Harry Shapolsky se verbande, huur- en belastingooreenkomste oor elkeen van sy eiendomme oor ’n periode van 20 jaar. Shapolsky het Haacke se aandag getrek omdat hy die grootste eiendomsmagnaat in New York was. Hy het inligting bekom deur publieke verslae te ondersoek.
HANS HAACKE. CONDENSATION CUBE. 1963. PLEKSIGLAS EN WATER
IN HIERDIE WERK VERKEN HAACKE ’N FISIEKE GEBEURTENIS. DIE KONDENSASIESIKLUS WORD UITGESTAL AS ’N KUNSWERK IN WERK- LIKE TYD. SOMMIGE VAN SY ANDER WERKE WAT IN DIE 1960’S UITGESTAL IS, HET DIE IN- TERAKSIES VAN FISIEKE EN BIOLOGIESE STEL- SELS, LEWENDIGE DIERE, PLANTE EN DIE TOE- STANDE VAN WIND EN WATER VERKEN.
HANS HAACKE. MOMA POLL. 1970.
INFORMATION, ’N KUNSUITSTALLING BY DIE MUSEUM OF MODERN ART (MOMA) WAS DIE EERSTE KONSEPTUELE UITSTALLING IN ’N MUSEUM IN DIE VSA. HAACKE HET HIERDIE STELSEL AS KUNS UITGEBEELD: ’N ONDERSOEK, ’N REAKSIE EN DIE VISUELE TERUGVOER DAARVAN. VRAAG: IS DIE FEIT DAT GOEWERNEUR ROCKEFELLER NIE PRESIDENT NIXON SE BELEID OOR INDO-CHINA AAN DIE KAAK GESTEL HET NIE ’N REDE DAT JY NIE VIR HOM SAL STEM IN NOVEMBER NIE? ANTWOORD: INDIEN ‘JA’, PLAAS JOU STEM IN DIE LINKERKANTSTE BOKS. INDIEN ’NEE’, PLAAS DIT IN DIE REGTERKANTSTE BOKS. “STEMBRIEWE” IS IN EEN VAN DIE TWEE PLEKSIGLAS-STEMBOKSE GEPLAAS (BESOEKERS KON TWEE KEER SOVEEL KEER ‘JA’ AS ’NEE’ KIES). NEW YORK. GOEWERNEUR NELSON ROCKEFELLER WAS ’N LID VAN DIE TRUSTEES VAN MOMA EN HET ’N VERKIESINGSAANSLAG VIR DIE PRESIDENSIE VAN DIE VSA TYDENS DAARDIE TYD BEPLAN.
Al die eiendomme was in die krotwoonbuurte van Harlem en die Lower East Side van Manhattan wat oorwegend gehuur is deur swart of Spaanse mense. Die versigtig nagevorsde data het potensieel inkriminerende bewyse onthul wat die Shapolsky-familie betrek het by uitbuitende renteheffings, binneooreenkomste en weerhoude tronkstrawwe.
Volgens Haacke het die uitstal van hierdie ware stelsel wat nie denkbeeldig was nie – die kyker in ’n nuwe posisie ten opsigte van sy werk geplaas. Die kykers het nou ooggetuies geword van disfunksionaliteit in die stelsel wat hulle omring
het. Kykers is daarom toegelaat om in beheer te wees van hulle eie keuses oor interpretasie anders as in die geval van tradisionele kunswerke.
Die Guggenheim Museum het Haacke se uitstalling ses weke voor dit geopen het, gekanselleer en het die kurator van die uitstalling, Edward Fry, wat Haacke se werk verdedig het, afgedank. Die reaksie van die museum was dat die werk nie in lyn met die museum se beleid was nie wat bepaal het dat hulle “estetiese en opvoedkundige motiewe sou nastreef wat selfonderhoudend en sonder bybedoelings was”. Hulle het erken dat die werk “sosiale en politieke gevolge” kan