hê en het Haacke daarvan beskuldig dat hy “politieke benaderinge gebruik het om politieke doeleindes te bereik”.
Die onmiddellike reaksie op die Guggenheim Museum se reaksie was ’n betoging deur ’n groot groep kunstenaars in die museum. Hulle het ook ’n belofte onderteken dat hulle nie by die museum sou uitstal totdat veranderinge gemaak is aan die beleid van sensuur nie. Die deurlopende debat oor die kwessie van die uitstal van kunswerke wat die waardes van instellings wat die kunswêreld ondersteun, of kunsmuseums waarin dit uitgestal word kritiseer, is ’n langtermynresultaat van Haacke se werk. Dit het ook daartoe gelei dat Haacke en ander verder ondersoek gedoen het en onthul het hoe kunsmuseums in gevaar gestel word deur hulle besigheidsmetodes, bestuurstegnieke,
openbare betrekkinge
en korporatiewe beleggings. Haacke se kunsloopbaan het ook konseptuele ondersoeke ingesluit oor ander magtige kapitalistiese instellings. Die selfkritiese en sosiaal kritiese aspekte van sy kunswerke was baanbrekerswerk in die veld.
in die 7.1
HANS HAACKE, A BREED APART (DETAIL), 1978. SEWE PANELE, FOTO’S OP MASONIET. ONDER GLAS GERAAM
HAACKE HET HIERDIE REEKS TYDENS ’N EENMANUITSTALLING BY DIE MUSEUM VAN MODERNE KUNS IN OXFORD, ENGELAND, UITGESTAL. IN DIE REEKS FOTO’S HET HY EKSPLISIETE KRITIEK UITGESPREEK OOR DIE BRITSE LEYLAND, WAT ONDER STAATSBESIT WAS, EN WAT VOERTUIE UITGEVOER HET VIR POLISIE EN MILITÊRE GEBRUIK AAN APARTHEID-SUID-AFRIKA.
Voltooi in jou BKS-werkboek.
Lees die onderstaande beskrywing van John Baldessari se kunswerk I Will Not Make Any More Boring Art en beantwoord die vrae wat daaroor volg.
JOHN BALDESSARI. I WILL NOT MAKE ANY MORE BORING ART.1971. LITOGRAFIE.