Gedrurende hierdie tyd het die gees van rebellie gelei tot die subkultuur van die hippies onder die jeug van Amerika. Hulle het hulle inspirasie geput uit die Beat- generasie en het die gees van hulle anti-kulturele waardes verder geneem deur in hulle eie gemeenskappe te woon waar veelrassige verhoudings, die seksuele revolusie, veranderende toestande van bewussyn wat deur verskeie dwelmmiddels teweeg gebring is, psigedeliese rockmusiek en ’n belangstelling in Oosterse filosofie deel was van hulle leefstyl.
PLAKKAAT VIR DIE WOOD- STOCK-FEES
ONTWERP DEUR ARNOLD SKOL- NICK
Die burgerregtebeweging onder leiding van Martin Luther King het tot die Burgerregtewet van 1964 gelei, asook die Stemregwet van 1965, wat die weg gebaan het vir ’n meer gelyke samelewing in Amerika. Die burgerregtebeweging het aanleiding gegee tot een van die mees luidrugtige anti-oorlogbewegings deur die Amerikaanse regering se volgehoue betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog uit te daag, asook ’n magtige vroueregtebeweging wat die ooglopende ongelykhede in hierdie ideale samelewing beklemtoon het.
Die voorbehoedpil is in 1960 in die VSA bekend gestel. Dit was ’n gewilde vorm van geboortebeperking wat bygedra het tot die begin van seksuele liberasie, een van die nalatenskappe van die hippie-kultuur.