BARBARA KRUGER. UNTITLED (I SHOP THEREFORE I AM). 1987. FOTOGRAFIESE SYSKERM OP VINIEL
BARBARA KRUGER. UNTITLED (QUESTIONS). 1991. FOTO- GRAFIESE SYSKERM OP VINIEL
Barbara Kruger het haar loopbaan begin as ’n grafiese ontwerper en fotografiese redakteur. Hierdie kommersiële agtergrond het klaarblyklik haar kuns beïnvloed. Deur gevonde voor- werpe en gepolitiseerde teks te kombineer, het sy ’n kenmerkende styl geskep wat soos prop- aganda lyk maar wat die dominante kultuur teenstaan en bevraagteken. Haar werk hanteer kwessies van feminisme, verbruikerswese en mag.
TRACEY EMIN. EVERYONE I HAVE EVER SLEPT WITH 1963-1995. 1995. TENT MET APPLIEKWERK
TRACEY EMIN. IT WAS JUST A KISS. 2011. NEONBUISE
Die effek van Tracy Emin se werke is dikwels skokkend soos sy intieme details van haar persoon- like lewe onthul. Emin se belydeniskuns verken universele emosies, gevolglik is haar vermoë om haar werk en persoonlike lewe te integreer, betekenisvol. Haar onsekerheid en tekortkominge is deel van ’n persoonlike narratief wat sy vertel deur ’n verskeidenheid media en formate.
Kies een kunswerk van elk van die drie kunstenaars om te bespreek. Gebruik die volgende vrae as riglyne tydens die bespreking van elke kunswerk.
• Beskryf die voorkoms van die kunswerke: oorweeg die lettertipes, medium, kleur of gebrek aan kleur.
• Watter betekenis probeer die kunstenaar deur die kunswerk oordra? Verduidelik die stellings. • Wat is die emosionele bedoeling van die styl van die lettertipe? • Kan jy sien waar die kunswerk uitgestal word? Sal daar ’n verskil wees om die kunswerk in ’n galery of in die publiek uit te stal – die straat of die inkopiesentrum?
• Is die kunswerk soos ’n advertensie? Verskaf ’n rede vir jou antwoord. • Dink jy enige van die kunstenaars het toe-eiening gebruik vir die teks of stellings? Waarom dink jy so?
• Waarom en hoe voeg die teks betekenis by die kunswerke? • Hoe verskil dit van tradisionele kunswerke?