Te Pilgrimage Chapel, Notre Dame du Haut, 1955, is gebou op die heuwel buite die Franse dorp Ronchamp. Die grondplan is assimetries. Die mure is baie dik, en is onreëlmatig deurpriem met reghoekige openinge van verskillende groottes en is toegerus met helder gekleurde gebrandskilderde glas. Die groot “sampioen”-vormige dak rus op pilare net bo die mure, wat ’n klein opening laat vir beligting by die aansluiting van muur en plafon. Die interieur van die kapel is taamlik klein, donker en misterieus, en is belig deur kerse en poele gekleurde lig vanuit die vensters (onder).
THE PILGRIMAGE CHAPEL, NOTRE DAME DU HAUT, 1955
Buit-altare wat afgewerk is met onafgewerkte beton voorsien areas waar duisende mense deel kan neem aan altaardienste / misdienste in die buitelug. Die toring laat natuurlike lig toe om op die altaar te val.
Hoë Tegnologie
Laat Modernisme of Hoë Tegnologie is ’n multinasionale styl wat beweer dat dit die aaklige omgewingsafwykings van vroeëre staal- en glasbokse oorkom het deur die jonste tegnologie te gebruik.
“Ek bely dat ek ’n obsessie het met uit- vinding.”
– Norman Foster
Eienskappe van Hoë Tegnologie • Die argitektuur is pragmaties en verheerlik tegnologie. Die geboue vertoon uitstekendheid in tegnologie en beklemtoon komplekse detail.
• Hulle het hoë-tegnologie boumateriale gebruik wat hulle tegnologiese aard beklemtoon, bv. vlekvrye staal, chroom, plastiek en verskeie metaalafwerkings.
• Gebaseer op lugvaartegnologie, het hulle strukture ontbloot wat lig en sterk is deur swaar geïnsuleerde muurpanele, staal- en aluminiumrame en spieëlglas in neopreen-pakplate te gebruik.
• Die geraamte van die gebou (of die metode van konstruksie) is dikwels sigbaar aan die buitekant van die gebou.
• Blootstelling van die strukture (lig en sterk) sluit alle dienste in byvoorbeeld, ventilasie, pype, trappe, ens., word aan die buitekant van die gebou geplaas, om vrye en onbedwonge vloerspasie te verskaf wat verander kon word om kantore, uitstallingsale of fabrieke te skep. Visueel gee dit die gebou ’n
RICHARD ROGERS, DIE LLOYD’S GEBOU, LONDEN, 1986. VISUELE KUNSTE GRAAD 11