Begin met jou BRONBOEK Die volgende is ’n paar opsies wat jy in jou bronboek kan ondersoek:
• Neem jou beeldsoeker en speel daarmee om in en uit te zoem om interessante en ongewone komposisies saam te stel. Maak baie klein lyntekeninge van ten minste vyf komposisies.
• Jy kan ook jou kamera of jou selfoon gebruik om ten minste vyf verskillende foto’s van die toneel te kies. Druk hulle en/of maak klein tekeninge daarvan.
• Jy kan jou tekeninge in ’n rekenaarprogram in skandeer en/of jou digitale foto’s gebruik en “speel” met tools soos crop, layer, copy, ens. Maak seker dat jy al jou eksperimente of in sketse weergee en/of deur die resultate daarvan uitdruk. Maak notas om jou prosesse te verduidelik.
• Kies jou beste komposisie waarin jy ’n nuwe en ongewone blik van jou wêreld verskaf. Skryf notas oor waarom jy daardie spesifieke komposisie gekies het en wat dit van jou wêreld onthul.
• Maak ’n tonale skets om jouself met die toneel vertroud te maak. • Met jou onderwyser se leiding gaan jy besluit op die geskikste medium, byvoorbeeld oliepastelle, verf, linosnee, ens. Plaas bewyse van jou media-eksperimente met verduidelikingsnotas in jou bronboek.
• Plak ten minste drie voorbeelde van kunswerke wat jou geïnspireer het in jou boek en beskryf hoe hulle jou inspireer.
• Nadat jy jou finale kunswerk voltooi het, moet jy die hele proses op skrif weergee.
’N SKILDERY DEUR ’N GRAAD-11 LEERDER.
AAN DIE LINKERKANT IS TWEE WERKE DEUR LEERDERS WAT HULLE WÊRELDE UITBEELD.
DIE OPDRAG
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk te maak gebaseer op die tema “my wêreld geïnspireer deur ’n beeldsoeker”. Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan jou nog instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens.
Voltooi jou kunswerk onder die leiding van jou kunsonderwyser. VISUELE KUNSTE GRAAD 11