JOSEPH KOSUTH, ONE AND THREE CHAIRS, 1965. VOUSTOEL UIT HOUT, GEMONTEERDE FOTO VAN STOEL EN GEMONTEERDE FOTO VAN DIE WOORDEBOEKDEFINISIE VAN ‘CHAIR’.
Die kunswerk, “One and three chairs” bestaan uit ’n stoel, ’n foto van daardie stoel en ’n vergrootte woordeboekverklaring van die woord “chair”. Kosuth se instruksies vir hierdie stuk is dat die uitgestalde stoel nie altyd dieselfde stoel hoef te wees nie omdat die installeerder van die werk ’n stoel kan kies. Hierdie stoel moet afgeneem word waar dit voor ’n muur uitgestal word. Die foto moet vergroot word tot die werklike grootte van die stoel. Die vergrootte woordeboekdefinisie moet aan die regterkant van die stoel opgehang, word met die boonste kant in lyn met die foto. Die kopie van die woordeboekdefinisie van die stoel en die diagram met instruksies wat die vereistes van die intallasie verduidelik, wat albei Kosuth se handtekening bevat, is die twee konstante elemente van die werk.
Kosuth het met opset ’n algemene funksionele voorwerp gebruik saam met ’n foto en ’n woordeboekdefinisie sodat die kyker moet dink oor wat werklik in hierdie werk is. Hoewel hierdie installasie baie eenvoudig is, is dit ook ’n ingewikkelde ondersoek oor die stelsel van tekens wat deur alle mense op aarde gebruik word. Jy word drie kodes vir een voorwerp gegee. Albei die foto’s en die dagboekinskrywing beskryf die stoel. ’n Mens moet vra hoe die twee beskrywings se funksies anders is as die funksie van die regte stoel.
Kosuth het ook ’n werk geskep wat nie geanaliseer kan word deur die formele elemente op die tradisionele manier te bespreek nie, aangesien die stoel verander kan word en daarom verander die foto. Elke spesifieke installasie van hierdie werk kan individueel beskryf word omdat ’n mens die stoel wat gebruik word in ’n spesifieke installasie moet beskryf. Hy het die feit raakgesien dat die stoel en ligging, en daarom die foto, verander; maar dat die kunswerk as die interessante deel van die werk essensieel dieselfde bly. Deur hierdie aspek is meer klem geplaas op die idee van die kunswerk eerder as die formele komponente van hierdie werk. Kosuth vestig aandag op die kyker se prosesse van denke. Die estetiese waardes wat aan tradisionele kunswerke geheg is, word heeltemal in hierdie werk ontken.
JOSEPH KOSUTH, CLOCK (ONE AND FIVE), 1965. ENGELSE / LATYNSE WEERGAWE, HORLOSIE, FOTO EN GEDRUKTE TEKS OP PAPIER. KOSUTH HET DIE VERSKILLENDE MANIERE VAN VERTEENWOORDIGING OOK IN HIERDIE WERK ONDERSOEK. VERSKILLENDE ASPEKTE VAN DIE VOORWERPE IS BYEENGEBRING. DIE VERGROTE WOORDEBOEKINSKRYWINGS VAN DIE WOORD ‘TIME’, ‘MACHINATION’ EN ‘OBJECT’ WORD UITGESTAL MET WERKLIKE HORLOSIES. DIE INVLOED VAN TAAL OP DIE MANIER WAAROP ONS GOED BENADER, IS DIE FOKUS VAN HIERDIE WERK.
JOSEPH KLOSUTH, TITLED (ART AS IDEA AS IDEA) THE WORD “DEFINITION”, 1966 – 1968. GEMONTEERDE FOTOGRAFIESE VERGROTING VAN DIE WOORDEBOEKDEFINISIE WAT GESNY IS UIT WOORDEBOEKINSKRYWINGS VIR WOORDE. KOSUTH OORWEEG DIE WERK VAN KUNS OM DIE DEFINISIE VAN DIE GEGEWE WOORD TE WEES.