• Superrealisme is ’n onpersoonlike en presiese styl van skilder en beeldhouwerk wat aandag vestig op die effek van fotografie op die persepsie van die daaglikse lewe en werklikheid oor die algemeen deur fotografiese beelde te herskep wat dikwels banaal of van geen belang is nie.
• Onderwerp: Voorwerpe, plekke en mense vanuit Amerikaanse voorstedelike en die stedelike alledaagse lewe is nie beskou as visueel betowerend nie, maar is deur die Superrealiste in foto’s uitgebeeld wat dan in hulle skilderye so na as moontlik weergegee is. Die kunstenaars het ook met die konsepte van werklikheid en kunsmatigheid gewerk omdat hulle dikwels ’n beeld nagemaak het wat reeds die werklike lewe in ’n foto uitgebeeld het. Die resultaat van die kopiëring van ’n foto is dus beskou as ’n belangrike deel van die onderwerp.
• Komposisie: Sommige kunstenaars het tradisioneel gebalanseerde komposisies gebruik. Kunstenaars soos Estes en Goings het foto’s gebruik wat soortgelyk is aan die komposisies van die Impressioniste, waarin die komposisie gekies word vir die verskeidenheid oppervlakke en ligeffekte daarin, en die effek skep dat dit skynbaar lukraak gekies is. Morley het met opset lukrake dele van fotografiese materiaal, soos poskaarte en advertensies, in tydskrifte gebruik om werke te herskep.
• Vorms: Die realistiese vorms van mense, voorwerpe en die omgewings is pre- sies geskilder met skerp ge- definieerde buitelyne wat ’n gedetailleerde illusie van die drie dimensionele wêreld skep. Sommige van die Superrealiste het ook fotografiese effekte, soos wasige areas, as deel van hulle kunswerke ingesluit.
• Kleur: Die gebruik van kleure hang af van die soort foto’s wat as bron deur die kunstenaars gebruik word. Flack se skilderye is gewoonlik baie helder, terwyl Estes se werke ’n tendens het om kouer kleure uit te beeld omdat hy konsentreer op die weerkaatsings in vensters van staatsgeboue as onderwerp.
MALCOLM MORLEY. ON DECK. 1966. MAGNA OP DOEK
RICHARD ESTES. SUPERMARKET, COLUMBUS AVENUE. NY. 2008. OLIE OP DOEK