MIES VAN DER ROHE, DUITSE PAWILJOEN, BARCELONA, 1929
Eienskappe van die Internasionale Styl Die drie beginsels van die Internasionale Styl is: • geraamtestruktuur • standaardisasie • gebrek aan versiering
Die materiale wat gebruik is, was uitsluitlik “modern” – glas, staal en gewapende beton. (Staal was vir eeue lank bekend voor massaproduksie dit geskik gemaak het vir boudoeleindes.) Natuurlike materiale soos hout en klip is vermy. Funksionalisme – funksie bepaal vorm en beklemtoon gevolglik die verbruikersaspek van die gebou. Die skoonheid van die gebou lê in die funksionele sukses daarvan.
Die voordele van staal en gewapende beton: • Groot afstande kan maklik en ekonomies uitgebrei word, wat dus groot binneruimtes skep.
• Openinge in die mure is nou onbeperk omdat die geraamtestrukture die gewig van die dakke en die vloere dra. Die gebou het geen behoefte aan konvensionele gewigdraende mure om die dak en die vloere te ondersteun nie, so die mure word ’n glasskede, wat ’n “weergordyn” genoem word. Staal- en betonrame het daarom die buitemure van die taak bevry om die dak en vloere te ondersteun. Weens die verbetering van spieëlglas, kon die buiteste mure nou ’n “gordyn” van glas, metaal, ens., word. Hierdie GORDYNMURE moes die gebou slegs beskerm teen die weer en geraas en die interieure spasies omring. Argitektuur van volume eerder as massa is geskep. Venster- en deuropeninge kan vergroot word en op enige plek geplaas word vir ontwerps- en funksionele doeleindes.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
WALTER GROPIUS EN ADOLF MEYER, FAGUS SKOENFABRIEK, ALFELD, DUITSLAND. 1911
PHILIP JOHNSON, GLASS HOUSE, NEW CANAAN, CONNECTICUT, 1949