in die agtergrond herhaal in ’n falliese vorm van die gesplete drom. Hierdie vorm is ook deel van ’n seremonie omdat dit omring word deur vier donker manlike naakfigure wat dans. In die buitenste regterhandse hoek, agter die rituele dans, is ’n ingang wat lei na ’n geslote klein kraal wat gewoonlik beeste huisves, maar nou neem ’n enkele groot eier die ruimte in. Tradisioneel sou dit die begrafnisarea vir die voorvaders wees. Nog ’n verwysing na die voorvaders is die swerm kuifreiers op die houtstruktuur aan die linkerkant van die skildery. Hulle is ook versprei rondom die opstal aan die linkerkant. Daar word geglo dat die kuifreiers die gees van die voorvaders huisves. Ander voëls wat ook simbolies is, word in die toneel ingesluit wat voorkom asof dit die ongejaagde lewe in ’n tradisionele Afrika-dorpie verteenwoordig.
ALEXIS PRELLER. THE CELLO III. 1952. OLIE.
Preller het die dekoratiewe effek van beeldhoudende argitektuur gekombineer met tekens van disintegrasie, asof dit ’n natuurlike deel van die daaglikse lewe is. Die gebreekte grasdak ondersteun ’n stok wat uitsteek waaraan ’n enkele ronde voorwerp hang versier met ’n kruis. Die dak van die huis aan die linkerkant van die skildery is bedek met ’n helder gekleurde versierende stuk materiaal. Preller se visie ontlok ’n misterieuse effek, maar dit is nie veronderstel om selfverklarend te wees nie omdat dit ’n poëtiese beeld van Afrika- lewe is. Judith Mason is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ook Surrealistiese beelde skep. Beskryf die beelde wat jy in die voorbeelde hieronder sien.
ALEXIS PRELLER. SYMBOLS ON A BEACH. (HOMMAGE À BOSCH). OLIE.