129 DIE OPDRAG Jou opdrag is om ’n finale kunswerk op die tema van ’n portret te baseer.
Jy kan dit oorweeg om ’n reeks werke te maak. Jou kunsonderwyser sal jou deur die proses lei en kan verdere instruksies gee oor die media, grootte en tegniek. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.
Die volgende is voorbeelde van portrette deur leerders wat invloede van die vroeë 20ste eeu uitbeeld wat jy in hierdie hoofstuk bestudeer het.