Eienskappe • Videokuns maak staat op bewegende prente en bestaan uit video- en / of audiodata. Hierdie kunsvorm maak gebruik van die toerusting en prosesse van televisie en video.
• Digitale tegnologie soos rekenaars, kompakskywe, DVD’s, die Internet, selfone en ’n groot verskeidenheid digitale kameras, monitors en projektors word gebruik as deel van die
kreatiewe en
aanbiedingsprosesse van werke wat as Digitale Kuns beskryf word. Digitale Kuns is ook al beskryf as rekenaarkuns en multimediakuns.
• Soos met ander kunsvorms wat verwant is aan Konseptuele Kuns, spreek Videokuns en Digitale Kuns ’n oneindige reeks onderwerpe aan. Die effekte van nuwe tegnologie op die samelewing as ’n geheel het geleidelik ’n belangrike onderwerp geword wat bevraagteken word deur video en digitale kunswerke terwyl die jongste tegnologie gebruik word. Hierdie kunsvorms is wêreldwyd toeganklik en daarom word die ingewikkelde uiteenlopendheid van identiteite voortdurend daardeur beklemtoon.
• Die idee van uitbeelding soos ondervind word in tradisionele kunsvorms soos skilder, teken en beeldhouwerk het drasties verander weens die maniere waarop Video- en Digitale Kuns geïmplementeer word. Die verloop van tyd en plek van die visuele werklikheid het reeds verander deur die ontwikkeling van fotografie. Nou het die aanbieding van verskeie uitgangspunte, die jukstaposisie van beelde, die simulasie van virtuele werklikhede, die insluiting van klank en die gebruik van interaktiwiteit in kunswerke die kreatiewe proses getransformeer, asook hoe hierdie kunswerke ontvang is.
• Video- en Digitale Kuns, soos die verskeie kunsvorms wat verwant is aan Konseptuele Kuns, fokus op kuns as ’n vorm van kommunikasie eerder as kuns as ’n unieke uitstalbare en gekommodifiseerde voorwerp.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
BILL VIOLA. NANTES TRIPTYCH. 1992. VIDEO EN GEMENGDE MEDIA; 29 MINUTE, 46 SEKONDES. INSTALLASIE
IN HIERDIE WERK GEBRUIK VIOLA DIE
TRIPTIEK WAT GEWOONLIK GEASOSSIEER WORD MET GODSDIENSTIGE SKILDERYE. DIE DRIE PANELE WYS BEELDMATERIAAL VAN GEBOORTE AAN DIE LINKERKANT EN DOOD AAN DIE REGTERKANT EN ’N VERTEENWOORDIGING VAN VIOLA SE INTERPRETASIE VAN ’N METAFISIESE REIS WAT VERTEENWOORDIG WORD DEUR ’N LIGGAAM WAT IN WATER DRYF. DIE BEELDMATERIAAL WAT HY IN HIERDIE INSTALLASIE GEBRUIK HET, IS NIE OORSPRONKLIK VIR DIE PROJEK GESKIET NIE. VIOLA BESKOU DIE MAAK VAN HIERDIE PROJEK AS DEEL VAN DIE GENESINGSPROSES WAT HY ONDERVIND DEUR DIE SKEPPING VAN SY KUNS.