Kyk na die volgende voorbeelde van VISUELE KUNS, ONTWERP en KUNSVLYT. Wat is die verskille tussen die drie kunsvorms?
VERMEER. THE MILKMAID. 1657-8. OLIE OP DOEK
GESTOFFEERDE EAMES-STOELE
KLEIPOT
8.3
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Oorweeg die volgende wanneer jy die verskille tussen visuele kuns, kunsvlyt en ontwerp identifiseer en bespreek. • Waaruit is dit gemaak? • Hoe is dit gemaak? • Wie het dit gemaak?
• Waarvoor word dit gebruik?
sedert die 19de eeu het die kunswêreld baie verander. Kunstenaars het begin om ’n ander rol in die samelewing aan te neem. Deur die verdere ontwikkeling van tegnologie en die implikasies van sosiale veranderings, soos industrialisasie, het die voorkoms van kuns geweldig verander. Die volledige reeks kulturele behoeftes van verskillende groepe mense is voorsien tydens die 20ste en 21ste eeu. Kyk na die volgende voorbeelde van VisuElE / HOË KuNs, POPulÊrE KuNs en KiTsCH.
MICHELANGELO. THE CREATION OF ADAM. 1511. FRESKO
ADVERTENSIE VIR DIE ROLPRENT SPIDERMAN. KERAMIEKBEELDHOUWERK VAN KUPIDO OP STOOTFIETS VERGESEL DEUR KLEIN HOND.
Bespreek die verskille tussen die drie voorbeelde deur te verwys na die volgende aspekte: • Beskryf wat in elkeen van die drie werke verteenwoordig is. • is daar verskille in die aanwending van formele aspekte wanneer jy die voorbeelde vergelyk? Bespreek dit en verskaf redes vir jou waarnemings.
• Wat is jou definisie van die terme VisuElE / HOË KuNs, POPulÊrE KuNs en KiTsCH? • gebruik die definisies en identifiseer die drie voorbeelde. • spoor 2 ander beelde op wat jy onder elke term sal klassifiseer. Bespreek die redes vir jou keuses.