In 1929 het die Wall Street-aandelemark in Amerika ineengestort en dit is gevolg deur die Groot Depressie, ’n tyd van wêreldwye ekonomiese swaarkry. Fotograaf soos Dorothea Lange het hierdie omstandighede gedokumenteer. In Europa het verskeie diktatorskappe die lig gesien, soos die Derde Ryk (Nazi’s) onder Adolf Hitler in Duitsland en Benito Mussolini se Fassisme in Italië. Die Spaanse Burgeroorlog was ’n geweldige konflik wat in Spanje plaasgevind het, en geëindig het met generaal Franco se oorwinning en diktatorskap. Pablo Picasso het Guernica geskilder in reaksie op hierdie oorlog in sy tuisland. Hierdie gebeure en veral Hitler se drang na uitbreiding sou lei tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939. Dit het gelei tot die einde van die heerskappy van Parys as ’n sentrum vir avant-garde kuns. Na die oorlog het New York hierdie Europese stad as die sentrum van avant-garde kuns vervang.
DOROTHEA LANGE, MIGRANT MOTHER OF SEVEN CHILDREN, 1936. FOTO.
Hubert Lanzinger, Adolf Hitler as Standard Bearer, c. 1935 (links bo), is ’n voorbeeld van die propogan- distiese kuns van die Derde Ryk. Meeste modernistiese kuns is deur die Nazi’s beskou as degenererende kuns omdat dit nie Duits was nie, of volgens hulle Joods of kommunisties was. Dit het gelei tot ’n uit- stalling van hierdie sogenaamde degenererende kuns (entarte) in München in 1937. Baie avant-garde kunstenaars is toe bestempel as vyande van die staat en hulle moes asiel soek. Baie van die kunswerke is vernietig. Meer as 500 werke deur Kirchner byvoorbeeld vernietig, en dit het gelei tot sy selfmoord in 1938.