Monet’ se Tuin by Giverny Monet het vanaf 1883 tot sy dood in 1926 in Giverny gewoon. Hy is geïnspireer deur rustige tonele in Japannese afdrukke toe hy begin het om sy tuin op te knap. Hy het ’n rivier herlei om ’n dam te vorm en het wilgers en bamboes op die oewers geplant. Hy het die dam vol waterlelies gemaak en het ’n houtvoetbruggie gebou. Monet het daaglikse instruksies vir sy tuinier neergeskryf met presiese ontwerpe en uitlegte oor hoe om alles in sy tuin te plant. Hy het fakture vir sy blomaankope bygevoeg en sy versameling boeke oor botanie. Soos Monet se rykdom toegeneem het, het sy tuin verander. Hy het altyd die argitek daarvan gebly, selfs nadat hy sewe tuiniers in diens geneem het.
’N FOTO VAN MONET OP DIE JAPANNESE BRUG
’N FOTO VAN DIE JAPANNESE BRUG
EEN VAN MONET SE SKILDERYE MET DIE JAPANNESE BRUG AS ONDERWERP
INSTALLASIE-BLIK VAN DIE WATERLELIES BY DIE ORANGERIE IN PARYS. ’N FOTO VAN DIE WATERTUIN
In 1899 het Monet begin om ’n reeks waterlandskappe te skilder wat feitlik sy enigste “model” vir die laaste 20 jaar van sy lewe geword het. Hy het homself in ’n wêreld van veranderende kleur laat absorbeer. Monet het ongeveer 250 skilderye van waterlelies wat gebaseer is op sy tuin in Giverny geskilder. In die laaste helfte van sy lewe het Monet begin blind word weens
katarakte. Hy het groter doeke begin gebruik en het in minder detail geskilder. Hy het geleidelik al die elemente van die landskap verwyder om slegs te konsentreer op die oppervlak van die water. Die ware onderwerp van hierdie werke is nie regtig die beroemde waterlelies nie, maar die veranderende weerkaatsings op die dam se oppervlak en die blou lug, wit wolke en groen