In 1923 het hy begin om die eerste van sy Merzbau te skep, ’n kolomagtige vorm in die middel van ’n kamer gevul met gevonde voorwerpe in Kubisme-agtige grotte wat ’n installasie gevorm het. Hierdie werk het later na ses kamers toe uitgebrei. Sy belangrikheid lê daarin om te besef dat alles, insluitend sogenaamde rommel, gebruik kan word om kuns te skep. Sy werk is vernietig tydens bomaanvalle gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
RAOUL HAUSMANN, SELF-PORTRAIT OF THE DADASOPHER, 1920. FOTOMONTAGE
HANNAH HÖCH, CUT WITH THE KITCHEN KNIFE THROUGH THE BEER-BELLY OF THE WEIMAR REPUBLIC, 1919. FOTOMONTAGE
Fotomontage Fotomontage is ’n variasie van collage waarin geplakte items werklike foto’s of fotografiese reproduksies is wat gekies is uit die media en gebruike deur die Dada-groep in Berlyn. Die bekendste beoefenaars het John Heartfield en Hannah Höch ingesluit. Individuele foto’s is saamgevoeg om ’n nuwe onderwerp of visuele beeld te skep en was ’n magtige middel vir die Dadaïste wat protes aangeteken het teen sosiale en politieke kwessies.