1 Argitektuur van die 19de eeu OORSIG VAN ARGITEKTURELE STELSELS
Paal en latei Die vroegste argitektuur stelsel wat ontdek is, bestaan uit ’n reeks vertikale pilare (die pale) wat ’n dak vorm met ’n reeks horisontale balke wat óf van boomstompe gemaak is, óf van groot plat stene (die lateie).
PARTHENON
Boog Die paal- en latei-stelsel was nie effektief genoeg om dakke vir groot areas te vorm nie, die Romeine die boog ontwikkel om vir die konstruksie van groot geboue te gebruik.
DIE COLOSSEUM
Gewelfstelsel ’n Ingewikkelde stelsel van gewele wat oormekaar kruis, is gebruik om die dakke van kerke tydens die Middeleeue te bou. Dit het ’n hoogtepunt bereik tydens die konstruksie van boë sodat dakke hoër geword het en die gewig van die dak ondersteun is deur ’n stelsel van steunboë. Baie soliede mure was nie meer noodsaaklik om die gewig van die dak te ondersteun nie.
CHARTRES-KATEDRAAL
Daar word dikwels na die argitektuur van die 19de eeu verwys as Victoriaanse Argitektuur omdat dit tydens hierdie periode was wat Koningin Victoria oor die Britse Ryk geheers het.
Eienskappe van 19de-eeuse argitektuur • Eklektiese leen van argitektuur style uit die verlede en van ander gebiede in die wêreld – die Victoriane het Klassieke Griekse en Romeinse pilare as dekoratiewe elemente in hulle geboue gebruik, asook argitektuur motiewe van lande soos Indië, wat hulle gekoloniseer het.
• Geboue beeld ’n verskeidenheid van vorms, lyne, kleure en teksture uit – hulle is ingewikkeld eerder as eenvoudig.
• Geboue is bedek met versiering wat glad nie verband hou met die struktuur of funksie van die gebou nie.
• Kleur word as ’n dekoratiewe element gebruik. • Daar is ’n groot verskeidenheid boumateriale.