Henry Ford (1863 – 1947) was die stigter van die Amerikaanse Ford Motor- maatskappy, wat die Model T-motor vroeg in 1908 bekend gestel het en wat daardeur motorvervoer revolusioneer het. Sy monteerbaanproduksiestyl het die motor vir die gewone mens bekostigbaar en toeganklik gemaak.
Albert Einstein (1879 – 1955) was ’n Duitse fisikus wat die teorie van relatitwiteit ontwikkel het en die manier verander het waarop fisici die beeld van die wereld benader het. Hy het sinoniem geraak met intellek en oorspronklikheid.
Vladimir Ilyich Lenin (1870 – 1924) was die Russiese Marxistiese revolusionêr wat die Oktober Revolusie in 1917 gelei het. Hierdeur is die kommunistiese regime, wat op ‘n sosialistiese ekonomiese stelsel gebaseer was, in Rusland gevestig.
Adolf Hitler (1889 – 1945) was die leier van die Nazi-party in Duitsland vanaf 1933 – 1945. Die party se ideologieë het die bevordering van ’n superieure Duitse ras ingesluit. Sy diktatorskap het fassisme in Europa veroorsaak. Hy was direk verantwoordelik vir die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en vir die volksmoord onder die Jode tydens die oorlog.
Coco Chanel (1883 – 1971) was ’n baanbreker Franse mode-ontwerper wat ’n reuse impak gehad het op die manier waarop “moderne” vroue aantrek. Sy het vroue gered uit hulle beperkende korsette en het lospassende sportdrag bekendgestel, die klein swart rokkie die lig laat sien en het lang- en kortbroeke vir vroue gewild gemaak.
Charlie Chaplin (1889 – 1977) was ’n Britse komiese akteur, rolprentregisseur en komponis wat die bekendste was vir sy mimiek, dolle klug (slapstick) en visuele komedieroetines tydens die era van stil rolprente. Hy was die bekendste rolprentster voor die einde van die Eerste Wêreldoorlog.