Die Internasionale Styl: Soos die naam voorstel, is hierdie styl wêreldwyd gebruik, ’n enkele soort gebou vir alle nasies en klimate. Daarom het meeste stede in die wêreld ’n soortgelyke profiel en voorkoms. Die Moderne argitekte het die rol van sendelinge aangeneem – geboue wat ontwerp is volgens die leerstellings van modernisme sou die redding van die hele wêreld wees … plaaslike kulture, tradisies en sosiale netwerke was irrelevant en oudmodies, volgens hulle. Daar sou, soos Le Corbusier gesê het, “een enkele gebou vir alle nasies en klimate” wees.
SÃO PAULO, BRASILIË
NEW YORK, VSA
Reaksie teen Modernisme Die Internasionale Moderne Styl wat sedert die 1940’s dominant was, is teen die 1970’s beskou as vervelig of onmenslik in sekere omgewings, as taamlik brutaal. Voorbeelde hiervan kon gesien word in die gesigslose massabehuisingsprojekte, die vernietiging van historiese sentrale stadsgebiede deur toringblokke en hoofweë. Die rigiede soneringswette het slegs ’n enkele stedelike funksie toegelaat om in ’n enkelarea te bestaan. Daarom het die middel van stede die sentrale sakegebied geword – ’n kantoorarea wat sonder lewe was na 6 uur in die middag.
Post-Modernistiese argitektuur is opgedeel in ’n verskeidenheid sub-style wat elkeen kyk na verskillende maniere om kompleksiteit in ontwerp te hanteer. Elke styl probeer om die rykheid van omgewingsondervindings te onthul wat die Moderniste probeer onderdruk het. Moderne tegnologie bied ontwerpers die moontlikheid om letterlik enigiets te doen. Argitekte het ’n enorme verskeidenheid keuses van “style”, materiale en tegnologie.