In 1808 het Napoleon se troepe Spanje ingeval en van die Spaanse koning ontslae geraak. Die Spanjaarde het vir vyf jaar gesukkel om hulle vryheid te bekom. In die geheim het Goya begin werk aan ’n reeks afdrukke, Disasters of War, wat die wreedheid en afgryslikheid van oorlog meer barbaars as ooit tevore uitgebeeld het. In hierdie werke het Goya die onmenslikheid van die mens tydens oorlog uitgebeeld. In die werke verander mans in gediertes. Daar is glad nie helde of glorie nie, net pyn, lyding en dood. Hierdie werke is ’n tydlose simbool van die stryd tussen goed en sleg, lig en donker, lewe en dood. In hierdie werke was die slagoffers altyd gewone mense. Hy het nie tradisionele uitbeeldings van veldslae uitgebeeld nie, maar het gewys hoe mense geskiet word, verkrag word, hy het hope lyke uitgebeeld, mense wat in afgryse vlug, sterwend, gewond. Die indringers het die slagoffers geword en die slagoffers die indringers. Goya se uitbeelding van marteling en ingewikkelde sielkundige toestande het die onbeskryflike in geskikte kunsonderwerpe verander. Hierdie afdrukke is eers na Goya se dood gedruk. Lig en skaduwee is sy manier om die waarheid uit te druk. Die lyn definieer nie slegs vorms nie, maar krap hulle eerder tot bestaan. Die onverskrokke uitbeeldings van oorlog in hierdie reeks het dikwels daartoe gelei dat dit vergelyk is met moderne oorlogfotografie. (Sien ook Goya se Te Tird of May, 1808, 1818, in die Graad 10 Visuele Kunste Handboek.)
FRANCISCO DE GOYA, AND THEY WERE BEASTS, DISASTERS OF WAR NO. 5, 1812 – 1814. ETS EN AKWATINT
IN HIERDIE WERK WERP VROUE WAT KINDERS IN HUL ARMS VASHOU, HULLE OP HUL TEENSTANDERS.
FRANCISCO DE GOYA, AND NO HELP CAME, DISASTERS OF WAR NO. 15, 1812 – 1814. ETS EN AKWATINT
FRANSE SOLDATE HET GEREELD REBELSE KLEINBOERE OM DIE LEWE GEBRING. GOYA HET ’N SOORTGELYKE KOMPOSISIE IN THE THIRD OF MAY, 1808, UITGEBEELD.
JAKE EN DINO CHAPMAN, GREAT DEEDS AGAINST THE DEAD, 1994. GEMENGDE MEDIA
HIERDIE WERK IS ’N BEELDHOUAGTIGE INTERPRETASIE VAN GOYA SE ETSWERK. MANNEKYNE MET AFGESKEURDE LEDEMATE HANG AAN ’N LEWENSGROOTTE BOOM. ’N VROEË WERK DEUR HIERDIE BRITSE BROERS HET BESTAAN UIT 83 TONELE VAN MARTELING EN VERMINKING SOORTGELYK AAN DIT WAT DEUR GOYA GESKEP IS IN SY THE DISASTERS OF WAR. DIE CHAPMANS HET DIE TONELE IN KLEIN DRIE-DIMENSIONELE PLASTIEKMODELLE UITGEBEELD.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
FRANCISCO DE GOYA, GREAT DEEDS! WITH CORPSES!, DISASTERS OF WAR NO. 39, 1812 – 1814. ETS EN AKWATINT
DIE LYKE VAN DRIE MANNE WAT AAKLIG VERMINK OP DIE VERLATE VLAKTE GELOS IS. ONS WEET NIE OF HIERDIE MANS FRANS OF SPAANS IS NIE. DIE LYDING VAN HIERDIE MANS IS BETEKENISLOOS.