• Die Uitvoerende Kunswerk kan skilder, beeldhou, dialoog, poësie, dans, beligting, musiek en visuele elemente insluit wat deur die kunstenaar gemaak is of in samewerking met ander kunstenaars geskep is.
• Die Uitvoerende Kunswerk kan enige plek aangebied word, afhangend van die soort stelling wat deur die kunstenaar gemaak wil word. Hierdie aspek het gelei tot die demokratisasie van kuns. Kuns het iets geword wat tot almal se beskikking is. Dit is verwant aan die feit dat ’n Uitvoerende Kunsstuk nie te koop is nie, hoewel die kunstenaar toegangskaartjies of filmregte kan verkoop.
• Die Uitvoerende Kunswerk kan vir ’n paar minute duur tot baie ure en dit kan slegs een keer opgevoer word of verskeie kere herhaal word.
• Soos met Installasiekuns kan die kyker in die Uitvoerende Kunswerk ingesluit word as deel daarvan, of kan eenvoudig daardeur beweeg.
• Die werk kan fotografies of op video gedokumenteer word.
WIE WAS BEUYS?
Joseph Beuys (12 Mei 1921 – 23 Januarie 1986). Hierdie invloedryke Duitse kunstenaar is in Krefeld naby die Hollandse grens gebore. Tydens sy militêre opleiding as ’n lugvaartradio-operateur en medevlieënier was hy in ’n vliegtuigongeluk in die Krim in Rusland. Volgens hom het die nomadiese Tartare hom gered deur sy hele liggaam met dierevet te smeer en hom toe te draai het in vilt om sy liggaam warm te hou en gesond te maak. Hoewel hierdie inligting nie bevestig is nie, het die storie en simboliek wat met dierevet en vilt geassosieer word ’n belangrike deel van Beuys se kuns identiteit geword.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
REBECCA HORN, UNICORN, 1971. HORN HET ’N REEKS VAN ‘MODELS OF INTERACTION RITUALS’ GESKEP. IN HIERDIE UITVOERING IS ’N REEKS WIT STROKE OOR ’N KAAL VROUEFIGUUR GEPLAAS WAT DIE HORING VAN ’N EENHORING OP HAAR KOP GEDRA HET. SO AANGETREK, HET DIE FIGUUR DEUR ’N PARK GELOOP IN DIE VROEË OGGEND ASOF SY DIE KYKER UITGEDAAG HET OM HAAR PRAGTIGE TEENWOORDIGHEID TE IGNOREER.
YVES KLEIN. ANTHROPOMETRIES. 9 MARCH 1960. KLEIN HET INSTRUKSIES AAN DRIE NAAK MODELLE GEGEE OM HULLE IN BLOU VERF TE BEDEK EN OM HULSELF TEEN VOORBEREIDE DOEKE TE DRUK TERWYL 20 MUSIKANTE HENRY SE SYMPHONIE MONOTONE GESPEEL HET.