DIE ROBIE-HUIS, 1908, IS ’N VOORBEELD VAN SY PRAIRIE-HUISE.
Wright het besef dat mense sonnige kamers en oop leefareas wou hê. Hy het ’n lang, lae, asimetriese huis ontwerp wat in ’n plat landskap van die middel-weste van Amerika – waar hy gewoon het – gepas het. Die klem was op die herhaling van die horisontale lyne van die oop prêirie-vlaktes in die huis. Die huis gaan oor ruimte en beweging. Die kamers van die huis word onder die lae dakke beskerm. Elke groot horisontale dak strek uit vanaf die kern van die gebou na buite verby die lyn van vensters en vorm diep vrydraende oorhange wat die oog in die afstand toe trek. Die interieur vloei ook deur hierdie terasse. Die huis word een van aanpasbare ruimte en is nie ’n ingebokste ruimte nie. “Ek het besef dat die werklikheid van ’n gebou
nie die houer is nie, maar die ruimte daarbinne.” Binnehoeke wat toe was, is verwyder (behalwe waar privaatheid nodig was) en bestaan uit glas of vrystaande mure wat nie aan mekaar raak nie. Meeste van die Prairie-huise het ’n sentrale kern wat hoër as die res van die huis was, gewoonlik ’n twee verdiepingwoonkamer of ’n kaggel. As deel van sy filosofie van organiese argitektuur het hy sover as moontlik gebruik gemaak van plaaslike materiale. Wright het ook daarin geglo om die natuurlike elemente van water, grond en lug te gebruik. Die siel of wese (kern) van die huis is die kaggel (vuur). Hierdie huise staan bekend as die eerste voorbeelde van “oopplan”-ontwerpe.
“FALLING WATERS” OF DIE KAUFMANN-HUIS, BEAR RUN, PENNSYLVANIA, 1936.