Beplan jou besoek aan ’n kunsmuseum / kunsgalery • Kry die presiese addresse van 2 of 3 kunsmuseums / galerye wat naby is waar jy woon. • Vind uit watter dae en ure die kunsmuseum / kunsgalery oop is. • Of hulle ’n toegangsfooi vra? • Doen navorsing oor wat uitgestal word in die kunsmuseum / kunsgalery.
Na die besoek • Plak ’n uitnodigingskaartjie na ’n uitstalling in jou bronboek en noem vyf faktore wat op die kaartjie moet verskyn.
• skryf ’n besinnende verslag oor jou besoek aan die kunsmuseum of kunsgalery deur te bespreek wat jy gesien het. Was daar kunswerke waarvan jy gehou het? Was daar kunswerke waarvan jy nie gehou het nie? gee redes vir jou antwoorde.
8.10
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Vind uit in watter stede die volgende beroemde kunsmuseums is. • MOMa (Museum van Moderne Kuns) • guggenheim • louvre
uffizi
• Die Hermitage • Tate Modern •
8.11
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Doen navorsing oor ’n kunsmuseum se versameling deur die volgende vrae te vra. Jy kan die museum se webwerf besoek, jou eie gevolgtrekkings maak na ’n besoek aan die museum en jy kan met die ontvangspersoneel, opvoedkundige beampte of kurator gesels om die inligting te bevestig.
VRAE OOR DIE VERSAMELING • uit watter soort kunswerke bestaan die versameling van die museum? gee ’n algemene beskrywing van die kunswerke deur in ag te neem in watter tydsperiode hulle geskep is en die media wat die kunstenaars gekies het om te gebruik.
• Wie het die versameling begin? Hoekom is dit geskep? • Hoe word dit onderhou? Oorweeg finansiële donasies, donasies van kunswerke asook geleende kunswerke.
• Hoe verskil dit van ander museumversamelings? • sê die versameling iets van die area waarin dit uitgestal word? • sê die versameling iets oor die tyd waarin ons leef? • Waarom is dit belangrik dat hierdie versameling bewaar en vertoon moet word? • is versamelings belangrik vir ons kultuur? Waarom?