Hugo Naudé is in Worcester gebore en hy het die Suid-Afrikaanse omgewing geskilder. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy landskapskilderye. Nadat hy kuns studeer het aan die Slade-skool in Londen, het hy in Barbizon in Frankryk geskilder voordat hy na Suid-Afrika toe teruggekeer het. Toegerus met ’n goeie akademiese agtergrond het hy op verskeie ekspedisies met sy woonwa onderneem en die uitgebreide landskappe van die Wes-Kaap uitgebeeld. Sy werke was pleinair-skilderye, met ander woorde, die kunstenaar het buite in die landskap gesit terwyl hy geskilder het. Die werke lyk dalk vir ons nie indrukwekkend nie, maar in daardie dae was dit ’n revolusionêre manier van skilder. Die intensiewe analise van die omgewing en die effekte van lig en skaduwee wat omhul word in die aanlopend veranderende omstandighede van ’n landskap was sentraal tot die ontwikkeling van die Impressioniste in Europa. Naudé, beïnvloed deur die Impressioniste se benadering, het die veranderende kleure en die reusagtigheid van die Suid-Afrikaanse landskap weergegee.
In hierdie skildery, Springtime, Namaqualand, het hy op ’n ongewoon groot doek gewerk om die uitgestrektheid van die landskap weer te gee. Hy het normaalweg op kleiner, meer draagbare doeke gewerk. Die onstuimige ligeffek van die wolke wat deur die helder son verlig word, is in kontras met die kleurvolle blomme, bosse, rotse en pad op die voorgrond. Die sterk gedefinieerde kwashale wat op die voorgrond gebruik word, dra die tekstuur en die diepte oor. Dit toon ook dat Naudé bewus
Suid-Afrikaanse kuns
HUGO NAUDÉ. SPRINGTIME, NAMAQUALAND. GEEN DATUM NIE. OLIE OP DOEK
was van die vereenvoudigende effekte van die helder sonlig op die landskap. Dit kan gesien word in die uitsluiting van fynere detail en die feit dat hy selfs sekere dele van die voorgrond geskilder het as vorms in silhoeët met die detail wat uitgeblok word deur die helderheid van die son.
In die middel en in die verte, trek plate blomme, rotse en heuwels terug in die vlak oppervlaktes van die kleur. Die plat areas van die veraf landskap is met horisontale kwashale geskilder, wat uiteindelik wegsmelt in die blou bulte van die heuwels en berge op die horison. Die uiteenlopendheid van sy kwashale dra by tot die skepping van drie- dimensionele diepte. Sy werk beeld duidelik die invloed van die Impressioniste uit, maar vertel ons ook van sy bewustheid van die unieke kwaliteite van die Suid-Afriaanse landskap wat hy op ’n spontane, naturalistiese manier uitgebeeld het. Ander kunswerke deur Hugo Naudé sluit die volgende in:
SPRINGTIME – WEST COAST, GEEN DATUM NIE. OLIE OP BORD VISUELE KUNSTE GRAAD 11