Vorms: Vorms met harde kante met ’n beperkte verteenwoordiging van drie dimensionele diepte is sinoniem met beelde van advertensies en strokiesprente en kan gesien word in die werke van kusntenaars soos Lichtenstein, Wesselman, Rosenquist, Lindner en Warhol. Kunstenaars wat ’n meer ekspressiewe styl van skilder gebruik het en in wie se werke die vorms meer drie dimensioneel is en nie gedefinieer is met ’n sterk, plat buitelyn nie, is Johns, Hockney en Rauschenberg.
Aanwending: Die meer ekspressiewe getekstureerde aanwending van skilder soos gesien in werke van Johns, Dine, Rauschenberg en Thiebaud is nie tipies van die meerderheid van die Pop-kunswerke nie. Die egalige aanwending van verf wat geen individualistiese, ekspressiewe tekens van emosie wys nie, maar wat die invloed van die onpersoonlike en massa-geproduseerde advertensiemedia uitbeeld, is kenmerkend van Pop-Kuns.
RICHARD LINDNER. THE COUPLE. 1976 – 1977. OLIE OP DOEK WAYNE THIEBAUD. CAKES. 1963. OLIE OP DOEK
Komposisie: Die Pop-kunstenaars het nie ’n eenvormige komposisiestyl gebruik nie. Sommige kunstenaars het komposisies ge- bruik wat uiters vereenvoudig was, wat slegs voorbeelde uitgebeeld het of portrette met ’n plat agtergrond, wat massaproduksie weer- spieël soos dit in advertensies of op die rakke van supermarkte gesien word. Komposisies van kunswerke van Rauschenberg en Rosenquist verteenwoordig die oorvloed van visuele inligting wat geassosieer word met moderne stadslewe.
JAMES ROSENQUIST. F-111. 1964 – 1965. OLIE OP DOEK MET ALIMINIUM. DRIE-EN-TWINTIG DELE. 304.8 X 2621.3 CM.