346 Voorgrond: gedeelte in ’n beeld (2D) wat die naaste aan die kyker is; die gedeelte wat voor die res is.
Vorm volg funksie: ’n Term wat in moderne argitektuur gebruik word waar die funksie van die gebou sy vorm bepaal, gewoonlik eenvoudige suiwer vorms wat nie versier is nie.
Vorm: ’n 3D-vorm; volume en vorm ’n 3D-vorm of die illusie daarvan op ’n 2D-oppervlak; algehele fisieke aspek eerder as die inhoud van die werk. Vorm: ’n Twee-dimensionele area (plat) met ’n herkenbare grens.
Vryvorm: Enige ongewone vorm wat gevind word in beeldhouwerk, of versiering: geskep deur v loeiende kurwes. W Toonwaarde: graad van ligheid of donkerheid. Waardekontras: Jukstaposisie (kant tot kant geplaas) van lig en donker areas.
Waarnemings: Vaardighede wat aangeleer word deur die eerstehandse beskouiing van ’n voorwerp, figuur of plek tydens die proses van teken.
Waarnemingsvaardighede: Die vlak van vaardigheid in die manier waarop jy jou omstandighede waarneem; vlak van bewustheid.
Warm kleure: Kleure soos rooi, oranje en geel. Dié kleure lyk of hulle nader aan die kyker toe beweeg in ruimte. Die kleure skep ’n gevoel van opwinding. Wasskilder: Pigment gemeng met was bv. Jasper Johns.
Werklike ruimte: spesifieke ruimte wat ’n 3D-voorwerp omring en wat deur dieselfde voorwerp beset word.
Werksetiek: Die manier hoe jy jouself gedra wanneer jy ’n gegewe taak behartig; oor die algemeen die vlak en manier waarop jy die taak uitvoer.
Westerse beskawing: Die ontwikkeling daarvan kan nagespoor word vanaf prehistoriese tye, tot die huidige tyd in Europa en die kolonies van Europese lande waar immigrante met Westerlike konsepte voortgegaan het. Dit is interessant om daarop te let dat daar in Westerse kuns, sedert die renaissance-tydperk, ’n oorheering van optiese naturalisme tot die 20ste eeu was.