335 Kontoerlyn: lyn wat die kante van vorms volg; die buitelyn van ’n voorwerp.
Kontras (verskeidenheid): Posisionering van teenoorgestelde kwaliteite van lyn, kleur, tekstuur of vorm om kontras en verskeidenheid te skep, byvoorbeeld hoë kontras en verskille tussen baie ligte en baie donker areas in ’n beeld.
Kontrastering: Teenoorgesteldes wat saam geplaas word, kan verskillende vorms, lyne, teksture of kleure wees; voorwerpe wat baie van mekaar verskil en ander kwaliteite het.
Koue kleure (of koel kleure): Kleure soos bloue en groene. Hulle lyk asof hulle verdwyn na die agter- kant van die skildery toe. Hulle het ’n kalmeerende effek op die kyker.
Kreatiewe denke: ’n gevorderde manier van dink; moenie net aan die klaarblyklike dink nie, maar oorweeg ’n verskeidenheid maniere en uitgangspunte om ’n problem op te los.
Kreatiewe proses: Die vlakke van kreatiewe kunswerk, byvoorbeeld navorsing, eksperimentasie en weerspieëling.
Kubisme: Vroeë 20ste eeuse beweging gedomineer deur Picasso en Braque; analisering van vorms uit verskillende perspektiewe en bevryding van verteenwoordigende uitbeeldings; analitiese Kubisme het ware voorwerpe in verskillende dele gedeel. sintetiese Kubisme het herkenbare voorwerpe uit abstrakte dele opgebou met die gebruik van klaargemaakte materiale soos koerantpapier.
Kuns elemente: lyn, tekstuur, kleur, vorm, tonale waarde.
Kuns vir kuns se onthalwe: Die verwerking van ’n Franse slagspreuk van die vroeë 19de eeu, ‘’l’art pour l’art’’, en druk ’n filosofie uit dat die intrinsieke waarde van kuns, en die enigste “ware” kuns, geskei is van enige didaktiese, morele of nuttige funksie. Kuns wat nie in opdrag gemaak word nie, bv. kontemporêre kunstenaars het die vryheid om uitdrukking aan hulle idees ens. te gee.
Kurator: Die person in ’n museum of galery wat besluit watter werke gekoop en uitgestal word asook op watter manier, en besluit wie die persoon is wat navorsing doen oor die kunswerke en daaroor gaan skryf.
L
Laterale denke: Onkonvensionele benadering tot probleemoplossing; deur nie van tradisionele of logiese benaderings gebruik te maak nie.
Letterlike interpretasie: Wanneer iets direk geïnterpreteer word, soos deur almal gesien, nie ’n ab- strakte interpretasie nie.
Liggaamskuns (“Body Art”): ’n Kunsvorm waar die liggaam die primêre fokus is. Die kunstenaar gebruik gewoonlik sy / haar eie liggaam, maar dit kan ook ander mense wees waarop die kunstenaar se werk gerig word. Dit sluit baie “Performance art” stukke in aangesien die opvoeringselement ge- woonlik oor choreografi ese liggaamsbewegings handel.
Lyn: Element verstaan in terme van lengte en rigting.