• Hoewel hulle ontwerp is om effektief te wees, was sommige hoë geboue ongelooflik duur om op te rig weens die gebruik van baie duur dele wat op bestelling gemaak is. Hoë- Tegnologie argitektuur is dus baie duur, ’n vermorsing van energie en is hoofsaaklik geskik vir publieke geboue.
• Die strukturele en dienselemente in die gebou was dikwels in helder, kleurgekodeerde kleure.
Voorbeelde van Hoë Tegnologie
RENZO PIANO EN RICHARD ROGERS, POMPIDOU-SENTRUM, PARYS. 1971 – 1977
(Ook bekend as die “Beaubourg”). In hierdie gebou, wat soos ’n industriële fabriek lyk, word die Modernistiese klem op struktuur, sirkulasie, oop ruimte, industrialisme en abstraksie tot ’n Laat Moderne uiterste geneem. Hierdie is ’n sentrum vir kuns en kultuur en is vernoem na die Franse eerste minister van daardie periode, George Pompidou. Die sentrum was taamlik opspraakwekkend toe dit opgerig is omdat dit in skerp kontras was met sy historiese omgewing, wat een van die oudste dele van Parys is. Die sentrum bevat verskeie uitstallingsfasiliteite vir kuns, musiek, rolprente en teater, ’n departement vir plastiese kuns, ’n nasionale museum van moderne kuns, ’n sentrum vir industriële ontwerp, ’n publieke biblioteek en ’n sentrum vir akoestieke navorsing. Die geraamte of anatomie van die gebou word aan die buitekant geplaas om die “metabolisme” ten toon te stel. Die gebou is ontwerp soos ’n diensbare vliegtuigskuur wat ondersteun word deur ’n yslike strukturele staalpypraam. Hulle het kleure gebruik om die pype en buise aan die buitekant van die gebou te kodeer, bv. rooi vir menslike beweging, blou vir lugverkoeling, ens.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
NORMAN FORSTER & PARTNERS, 30 ST MARY AXE (“THE GHERKIN”), LONDON, 2004.
Indien jy die kodes ken, is dit maklik om jou weg in hierdie gebou te vind, aangesien dit duisende besoekers daagliks ontvang. Reuse-hysbakke in Perspex-buise neem besoekers aan die buitekant van die gebou boontoe. Die vloerblokke is ontwerp om veranderbare interne spasies te dek en die vertikale aansig is geglasuur. Die argitekte het gesê dat hulle “’n yslike meccano-stel wou skep met interne ruimte wat verander kan word, eerder as ’n tradisionele statiese pophuis”. Die element van pret word gesien in die aanhaling: “die gebou is ’n speelding om mee te speel”.