• Die glas wat die geboue omhul, is weerkaatsend en daarom kan die voorkoms van die gebou verskil volgens die weer en die tyd van die jaar. Wolke kan in die glasfasade weerkaats word en veroorsaak dat ’n afdeling van die gebou “verdwyn”. Die gebou kan gewigloos voorkom, of lyk of dit bokant die grond sweef.
• Hierdie illusie van gewigloosheid word versterk deur die feit dat baie van hierdie geboue eintlik van die grond af gelig is en ondersteun word deur pilare, wat die area onder die gebou beskikbaar maak vir parkering of ontspanning.
• Meeste Internasionale Styl-geboue het baie verdiepings, veral publieke geboue. • Egalige masjiengemaakte oppervlakke en die gebruik van massageproduseerde standaardgroottes van boudele soos glasplate, staalrame, ens.
• Die uitsonderlikste eienskap van die 20ste eeu is die vloei van spasie.
Die Internasionale Styl kan gesien word as ’n stemmige argitektuur van kubieke vorms, met ’n gebrek aan gietvorms, ’n voorliefde vir egalige masjienafwerkings en groot vensters.
OSCAR NIEMEYER, NATIONAL CONGRESS OF BRAZIL, BRAZILIA, 1957 – 64.
’N STROKIESPRENT WAT UITBEELD HOE MODERNE ARGITEKTE DIE BLOK VERKIES HET. (BRON: LOUIS HELLMAN, ARCHITECTURE FOR BERGINNERS)
Voorbeelde van argitekte wat die Internasionale Styl gebruik het
LUDWIG MIES VAN DER ROHE “Minder is meer” – Mies van der Rohe
Mies van der Rohe (1886 – 1969) was die direkteur van die Bauhaus vanaf 1930 tot die skool in 1933 toegemaak is. Hy het na die VSA geëmigreer, waar hy by die Illinois Instituut van Tegnologie klas gegee het. Sy invoed is aan sy studente oorgedra.
Mies het in geglo aan “minder is meer”. Dit beteken dat totale eenvoud meer sê as ingewikkelde versiering. ’n Gebou moet gemaak word van so min as moontlik materiale – slegs glas, staal en gewapende beton. Sy uiterste vereenvoudiging van sy werk was die gevolg van ’n proses van vereenvoudiging tot ’n absolute suiwer kern.