Invloede uit Europa • Pop-Kuns se oorsprong is in Dada gevestig. Die Pop-kunstenaars het tegnieke laat herlewe wat deur die Dadaïste gebruik is, soos om beelde en voorwerpe wat deur ander mense geskep is te gebruik en dit as kuns uit te stal.
• Terwyl die Dadaïste hulle kuns gebruik het om konserwatiewe interpretasies van estetiese skoonheid teen te staan en te vernietig, het die Pop-kunstenaars voortgebou op die gebare van teenkanting teen die kunswêreld deur aspekte van die moderne lewe tydens die 20ste eeu uit te beeld.
• Pop-Kuns was nie ’n anti-kunsbeweging soos wat Dada was nie en die kunstenaars het hulself nie verbind tot enige spesifieke agenda of filosofie nie. Marcel Duchamp het in reaksie op die Pop-kunstenaars die volgende stelling gemaak: “Hierdie Neo-Dada, wat hulle Nuwe Realisme noem, Pop-Kuns, Drie dimensionele kunswerke, ens., is ’n maklike manier uit en is die lewe waarvan Dada geleef het. Toe ek ready- mades ontdek het, het ek daaraan gedink om estetika te ontmoedig. In Neo-Dada het hulle my klaargemaaktes geneem en estetiese skoonheid daarin gevind. Ek het die bottelrak en die urinaal in hulle gesigte gegooi as ’n uitdaging en nou bewonder hulle dit vir hulle estetiese skoonheid.”
Richard Hamilton se collage Just What Is It Tat Makes Today’s Homes So Different, So Appealing? is ikonografies omdat dit byna alle aspekte bevat wat verwant is aan massakultuur. ’n Swart-en-wit-weergawe van die werk is gebruik as die omslag van die katalogus van die Tis is Tomorrow-uitstalling. Hamilton het hoofsaaklik Amerikaanse tyd- skrifte as bronne vir die beelde gebruik. Die hoofomgewing is ’n moderne Amerikaanse sitkamer wat “moderne modes in vloere” adverteer in die Ladies Home Journal. Hy het ook teks uit hierdie advertensie gebruik vir die titel van die collage. Die trappe-advertensie vir Hoover is ook uit die Ladies Home Journal. Die liggaamsbouer was die wenner van Mnr LA in 1954 en die foto is geneem uit die tydskrif, Tomorrow’s Man, terwyl Joan Baer die model is wat in haar jeug vir erotiese tydskrifte geposeer het.
Brittanje • In 1954 het Lawrence Alloway, ’n Britse fynkunskritikus vir die eerste keer die woord ‘POP’ gebruik om kuns te beskryf wat geïnspireer is deur die beelde van populêre kultuur. Hy het verwys na kunswerke wat deur ’n kollektief van kunstenaars, argitekte en skrywers in Brittanje geskep is, bekend as die Onafhanklike Groep. Hulle het idees oor die plek van verbruikerskultuur in fynkuns verken, asook die gebruik van gevonde voorwerpe en wetenskap en tegnologie in hulle besprekings behandel. Beelde uit die gewilde Amerikaanse verbruikerskultuur,
wetenskkapfiksietydskrifte, prikkelpopplakkate,
soos buiteblaaie van strokieprente, foto-
fliekplakkate,
joernalistiek, motorontwerpe en masjiene, was die hoofbronne van hulle belang.
• Hierdie interaksie is verder geneem toe ’n uistalling, Tis is Tomorrow, georganiseer is wat sommige van die lede van die Onafhanklike Groep se werke ten toon gestel het. Die konsep van die uitstalling was om werk te skep op die tema van die moderne lewe en die van argitekte, kunstenaars, ontwerpers en krtiici wat in groepe sou werk om dialoog te bevorder en om grense tussen die beeldende kunste uit te daag.
• In ’n brief het Hamilton Pop-Kuns ook gedefinieer as “gewild, vlietend, weggooibaar, lae-koste, massavervaardig, jong, kwitsig, sexy, glansend en Groot Besigheid”.
RICHARD HAMILTON. JUST WHAT IS IT THAT MAKES TODAY’S HOMES SO DIFFERENT, SO APPEALING? 1956. COLLAGE.