Kendell Greers is ’n uitdagende kunstenaar wat alle metodes tot sy beskikking gebruik om ’n reaksie van mense te ontlok, en hy slaag daarin. Hy het van ’n jong ouderdom af reageer op die omstandighede rondom hom. In 1988 was hy een van ’n groep mense wat ’n openbare stelling gemaak het deur te weier om in die Suid-Afrikaanse Weermag te dien, soos vereis was van alle jong mans tydens die oorlog wat deur die apartheid-regime teen bevrydingsmagte gevoer is. In 1989 het hy Suid-Afrika vertlaat en vir ’n kort tyd in die Verenigde Koninkryke in ballingskap gewoon. Hy het toe in die Verenigde State gaan woon waar hy as ’n assistent gewerk het vir die kunstenaar Richard Prince. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1990 het hy as ’n kunstenaar, kurator en kunskritikus gewerk. Een van sy eerste opspraakwekkende “performance” tydens die periode waarin hy teruggekeer het, was Bloody Hell. Hy het die opvoering fotografies gedokumenteer en dit is nie in die openbaar opgevoer nie. Hy het sy eie bloed gebruik om homself ritueel te was van sy sondes, as ’n Wit Afrikaner Boereliggaam. Die foto’s wys hom met ’n geskeerde kop tydens verskeie stadiums wat hy met bloed bedek was. Hierdie opvoering het ’n betekenisvolle stelling gemaak in ’n tyd toe die jongste boodskappe van Suid-Afrika na die res van die wêreld die begin van ’n nuwe identiteit aangekondig het. Dit het die land uitgebeeld as die rëenboognasie, en as die ontluikende leier van die Afrika-Renaissance op die Afrika-kontinent. Geers is tans ’n praktiserende kunstenaar in Brussels, België. Hy gaan voort om ’n kombinasie van inligting te gebruik vanuit die gids oor kunsgeskiedenis, film, literatuur, godsdiens, die media en taal in installasies, video’s en opvoerings wat die kuns-establishment uitdaag. Die installasie Hanging Piece is oorspronklik in 1993 geskep, dieselfde jaar waarin die kommunistiese leier Chris Hani voor sy huis vermoor is terwyl die ANC op ’n brutale wyse lede van die IVP in KwaZulu-Natal vermoor het. Volgens Greer het hy hierdie werk geskep in reaksie op die gewelddadige Suid-Afrikaanse konteks waar die verwesenliking van vrede in die weegskaal was. 1993 was ’n jaar van oorgang terwyl die land op die punt was om ’n demokratiese regering te verkies. Die werk bestaan uit ’n reeks bakstene wat van ogiesdraad aan stukke rooi tou van die plafon af hang. Die bakstene het verwys na die situasie in Suid-Afrika waar dit gebruik is as die mees basiese en beskikbare missiel om willekeurige dade van geweld te pleeg weens frustrasie oor die uiterste omstandighede wat toegepas is deur die onwettige apartheid-regime.
Suid-Afrikaanse Kuns tot Nuwe Media Kuns
“Ek praat oor my werk as intervensies eerder as die werke van kuns, as stukke … ’n stuk wat ’n geweer is, ’n wapen.” - Kendell Greers