• Die kunswerk kan beplan word in ’n horisontale, vertikale of vierkantige formaat. • Waar is die fokuspunt (hoofarea van aantrekking) en waarom is dit die fokale punt, bv. al die lyne in die werk lei daarheen; dit is die helderste en die vaagste deel van lyn, prent, ens.
• Kies die vernaamste geometriese groeperings wat in die werk aangetref word. Die voorwerpe skep dikwels ’n driehoekige komposisie. Die komposisie kan ook sirkelvormig of vierkantig wees – dit kan gesien word deur die hooflyne en groepering in die werk.
• Is die prent gebalanseerd (dit is normaalweg)? Is dit simmetries of assimetries gebalanseerd? • Bespreek hoe verskeie voorwerpe mekaar balanseer, bv. die groot boom aan die linkerkant word deur twee koeie aan die regterkant gebalanseer.
KLEM, KONTRAS EN FOKUSPUNTE
• Klem word geskep deur kontras en isolasie. • Kontras word geskep deur die kontras tussen ontwerpselemente vir bv. ’n kontras in toon of kleur of vorm.
• Is daar kontraste in kleur soos vaag en helder, koel en warm, donker en lig? • Is daar kontraste in vorm, tekstuur, beweging, grootte, kompleksitiet en eenvoud? • Die fokuspunte is waar jou oog finaal tot rus kom. Verduidelik waarom ’n sekere element die fokuspunt is, bv. gebruik van perspektiewe, lyne, ens.
SKAAL EN PROPORSIE
Skaal en proporsie verwys na grootte. • ’n Werk kan op ’n groot skaal wees, bv. installasies, of kuns kan baie klein wees soos Vermeer se Lace Maker.
• In ’n kunswerk kan die skaal van voorwerpe soms teenstrydig wees omdat die kunstenaar nie ’n logiese ruimte wou skep nie.
• Proporsie verwys na die relatiewe grootte van voorwerpe, bv. die dele van die menslike liggaam. Kunstenaars verwring proporsies met opset om emosionele stellings te skep.
• Proporsie kan ’n skildery verwoes as dit voorkom of die proporsies foutief is weens die onbekwaamheid van die kunstenaar. Aan die ander kant, kan proporsies eienskappe van skok, verbasing en humor by die werk voeg wanneer dit met vaardigheid gedoen is.