301 • Nadat jy hierdie taak voltooi het, moet jy in skrif oor die hele proses besin.
Die volgende voorbeeld wys hoe ’n leerder die idee van identiteit by tieners verken het. Hulle is onseker oor hulle rol in die samelewing. Die opvoering met die dieremaskers is versigtig gedokumen- teer in ’n reeks foto’s. Hierdie foto’s is gebruik as ’n basis vir die twee onderste skilderye.