Tydens die laat 19de eeu het die konserwatiewe Akademie die sentrum van teenstand vir alle nuwe idees in kuns geword. Gevolglik het die term “akademies” in kuns sinoniem geword het met eentonigheid, vormlikheid en vooroordeel. Akademiese kunstenaars het ’n gedetailleerde afwerking verkies wat selfs van naby naturalisties gelyk het, vergeleke met die eksperimente van Romantisisme, Realisme en Impressionisme.
THOMAS COUTURE, THE ROMANS OF THE DECADENCE, 1844 – 1847. OLIE OP DOEK. HIERDIE YSLIKE SKILDERY HET ’N OPSKUDDING BY DIE SALON VEROORSAAK.
JEAN-LÉON GÉRÔME, A ROMAN SLAVE MARKET, 1884. OLIE OP DOEK.