Vorm • Die klem op emosie het gelei na hulle vereenvoudigde en verwronge vorms. Die werke lyk of dit onklaar is weens die verwringing. Figure is onnatuurlik uitgebeeld, dikwels maer en verleng.
• Vorms word dikwels omlyn met ’n sterk, donker kleur.
• ’n Gotiese hoekigheid met happerige en punterige vorms is ontwikkel om emosie uit te druk. • Baie figure word dikwels
klaustrofobies
saamgegroepeer in die skilderruimte. Ruimte is onrealisties, en diagonale lyne strek dikwels vanaf die voorgrond na die agtergrond.
Kwaswerk • Breë, vrye kwashale word deur emosie geskep. • Spontane werke skep ’n nuwe “barbaarse” skoonheid.
• Baie liniêr; kwashale is die bewys van die kunstenaar se emosie.
• Verf word vryelik en grof aangewend, asof die kunstenaar haastig was, en is gewoonlik dik aangewend.
ERNST LUDWIG KIRCHNER, GIRL BEFORE A MIRROR, 1913. OLIE OP DOEK
Die klem op die uitdrukking van persoonlike emosie maak die Ekspressioniste se beste werke baie kragtig en lewendig, terwyl swakker werke onvoltooid en vormloos lyk. Die lede van Die Brücke was geïnteresseerd in die Gotiese periode van kunsgeskiedenis en hulle het met opset probeer om die atmosfeer van die Middeleeuse vakmanskapsgilde in hulle assosiasie te herproduseer. Hulle het baie houtdrukke gemaak, en as dit by skilderwerk gekom het, het hulle dieselfde harde, hoekige lyne gebruik wat hulle in houtdrukke gemaak het.
ERICH HECKEL, PORTRAIT OF A MAN, 1919. GEKLEURDE HOUTAFDRUK