Begin nou met jou BRONBOEK. Jy het nou baie materiaal versamel om jou huidige lewe uit te beeld.
Die volgende is ’n paar opsies om in jou bronboek te ondersoek: • Oorweeg die volgende vrae en skryf jou gedagtes oor hulle neer: – Waarom versamel en hou mense voorwerpe? – Wat kan jy oor iemand uitvind deur hulle versamelings? – Wat kan iemand oor jou uitvind indien hulle jou sluitkas by die skool of jou kas by die huis oopmaak?
• Kies ten minste vyf voorwerpe, knipsels, foto’s, ens. uit jou tydkapsule en maak klein sketse van hulle op twee bladsye. Skryf langsaan elkeen hoekom jy hulle ingesluit het.
• Besluit op die beelde/voorwerpe uit jou boks wat jy wil insluit in jou finale kunswerk (ten minste vyf). Ondersoek verskillende komposisie-opsies. Besluit of jy dit wil aanbied soos op ’n kenniskewingsbord, of jy deel van die boks wil insluit of ’n meer tradisionele stillewe- komposisie wil maak.
• In hierdie hoofstuk is jy voorgestel aan baie kunsstyle soos Abstrakte Ekspressionisme, Op- Kuns, Superrealisme, Neo-Ekspressionisme, ens. Fotokopieer ten minste vyf kunswerke uit hierdie bewegings. Plak hulle in jou boek en lewer kommentaar op die tegniek en hoe dit die tyd waarin dit geskep is, verteenwoordig.
• Kyk of jy enige kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars kan kry om as inspirasie te dien, byvoorbeeld Kudzanai Chiurai, Conrad Botes, Asha Zero, ens., en sit jou navorsing in jou boek.
• Besluit op ’n finale komposisie gebaseer op jou tydkapsule en maak ’n goeie voorbereidings- tekening daarvan. Sluit notas in oor die styl, media en ander tegniese oorwegings. Die finale werk kan twee dimensioneel wees, kan samestellings insluit of kan drie dimensioneel wees, bv. skep ’n werk in ’n houtboks. Daar word aanbeveel dat jy sommige van die style uit hierdie hoofstuk by jou finale werk insluit; wees net versigtig om dit as ’n geheel te integreer.
• Dokumenteer jou werksvordering skriftelik en/of visueel. • Nadat jy hierdie taak voltooi het, moet jy skriftelik oor die hele proses reflekteer.
DIE OPDRAG Jou opdrag is om ’n finale kunswerk te maak oor die tema van ’n tydkapsule.
Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan jou verdere instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.
Tydkapsules word gewoonlik verseël en vir ’n lang tyd begrawe. Dit kan ’n goeie idee wees om die bokse van almal in die klas te verseël en om dit aan die einde van Graad 12 oop te maak om te sien hoe julle almal verander het of dieselfde gebly het!