Die prent van Young Romance was ’n advertensie vir dié tydskrif in ’n ander publikasie. Die TV, die bandopnemer en die Ford-logo is ook uit advertensies geneem van beroemde handelsname van daardie tyd. Die beeld van die planeet aarde was oorspronklik op die voorblad vanuit ’n Life-tydskrif en is op die plafon gebruik. Hamilton het beweer dat hy ’n vergrote foto van ’n skare mense op ’n Amerikaanse strand vir die mat gebruik het. Die beeld deur die venster is ’n algemeen vervaardigde foto van die buitekant van ’n rolprentgebou in 1927 wat die premiere van ’n talkie-rolprent uitbeeld.
In hierdie collage is die oorstroming van die moderne huislewe deur die verbruikersmedia en die moderne tegnologie die sentrale boodskappe. Die televisie het die sentrale posisie, wat voorheen die van die kaggel was, ingeneem. Die man en vrou van die huis het ikone geword van fisieke perfeksie deur te poseer as ’n liggaamsbouer en ’n erotiese middelbladmodel. Die man se rol word suggestief verminder deur die gewig met ’n suigstokkie te vervang en daar word na die vrou verwys as deel van die meubels deur haar hoed soos ’n lampskerm te laat lyk. Die spektakel van die moderne lewe word opgesom in hierdie collage wat alledaagse beelde gebruik soos Duchamp drie dimensionele gevonde voorwerpe, soos die urinaal en die bottelrak, gebruik het.
Amerika Die begin van Pop-Kuns in Amerika is nie so duidelik gedefinieer soos in Brittanje nie. Dit het geleidelik ontwikkel uit Abstrakte Ekspres- sionisme en dit was eers in 1961 dat die New Yorkse kunstoneel die im- pak van Pop-Kuns besef het.
Die Amerikaanse kunstenaars het nie die massamedia-uitbeelding in dieselfde lig as die Europeërs beskou nie – vir die laasgenoemde het dit ’n eksotiese bekoorlikheid gehad en vir die Amerikaners het dit algemeen en banaal voorgekom.
Dit het gelei tot kunswerke wat probeer het om die kern van Amerikanisme te identifiseer en te definieer deur die laagste gemene delers en wat dubbelsinnig en uitdagende vrae geopper het oor gewilde beelde asook die toestand van visuele kuns self.
Robert Rauschenberg en Jasper Johns word beskou as die eerste Amerikaanse kunstenaars wat gewilde beelde en gevonde voorwerpe as deel van hulle skilderye begin gebruik het. Aanvanklik het die Amerikaanse kunswêreld Pop-Kuns afgemaak. Die kunskritikus Rosenberg het dit afgemaak en gesê dat dit makliker was om daaroor te praat slegs om- dat dit illusionisties was. Dit was waar, aangesien Pop-Kuns ’n kommersiële sukses in die gallerye was. Die publiek kon dit verstaan en versamelaars het begin om dit te koop.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
JASPER JOHNS. FLAG. 1954 – 1955. BRANDSKILDERKUNS, OLIE OP COLLAGE OP MATERIAAL GEMONTEER OP LAAGHOUT
Die kenmerke van Pop-Kuns
Pop-Kuns is ’n kunsvorm oor die werklik- heid. Dit verteenwoordig die werklikheid oor alledaagse voorwerpe deur te verwys na beelde en voorwerpe wat alle mense tydens hulle daaglikse lewens ondervind. Pop- Kuns probeer nie om satirires of krities te wees nie. Dit is eerder ’n bevestiging van die moderne lewe, wat mense bewus maak van die wêreld rondom hulle.