“Romantisisme is presies geleë in nóg keuse van onderwerp, nóg presiese waarheid, maar in ’n manier van voel.” - Charles Baudelaire, 1846
AGTERGROND Romantisisme was ’n veelsydige beweging wat baie vorme aangeneem het en die beweging is in meeste takke van kuns gemanifesteer. Romantisisme, wat eers as estitika (skoonheidsleer) in ongeveer 1800 in literêre krtitisisme gedefineer is, het momentum gerky as ’n kuns beweging in Frankryk, Brittanje en ander Europese lande in die vroeë dekades van die 19de eeu en het tot die middel van die 19de eeu floreer. Met sy klem op die verbeelding en emosie, het Romantisisme te voorskyn gekom as ’n reaksie op die ontnugtering van rede en orde tydens die nadraai van die Franse Revolusie in 1789.
Romantisisme was ’n beweging wat
individualisme, en die mag van die verbeelding en emosies verheerlik het. Belangrike figure wat met Romantisisme geassosieer word, is Goethe, Beethoven, Wagner (Duitsland) en Keats en Byron (Engeland).
KENMERKE Romantisisme dek so ’n wye reeks onderwerpe en uiteenlopende style dat dit nie eenvoudig geklassifiseer kan word nie. Dit was ’n anti- instellingbeweging wat gekenmerk is deur dubbelsinnigheid, kompleksiteit en onsekerheid. Romantieke kunstenaars het individualisme bo konvensie vereer. Hulle het geëksperimenteer met nuwe onderwerpe, komposisies en tegnieke om visuele maniere te ontdek wat hulle persoonlike idees en ondervindige effektief kon oordra. Romantisisme het vanaf rede na gevoel en verbeelding beweeg. Dit was ’n hoogs verbeeldingryke en ’n subjektiewe benadering gevul met emosionele intensiteit en ’n droomagtige of visionêre kwaliteit. Die Romantieke het die belangrikheid van die individu, die unieke, selfs die eksentrieke uitgedruk. Volgens die Romantieke
CASPER, DAVID FRIEDRICH, WANDERER ABOVE THE SEA OF FOG, 1822. OIL ON CANVAS
teorie was kuns nie so waardevol om ’n spieël van die eksterne wêreld te wees nie, maar was eerder ’n bron van die verheldering van die innerlike wêreld. Die klem op die aktiwiteit van die verbeelding is vergesel van meer klem op die belangrikheid van intuïsie, instinkte en gevoelens. Die Romantieke het oor die algemeen aangedring op meer aandag op die emosies as ’n noodsaaklike aanvulling tot suiwer logiese rede. Romantisisme word gewoonlik beskou as die teenoorgestelde van Neo-Klassisme. Neo- Klassisme het beperking toegepas en ideale van helderheid en orde verkies. Romantisisme het moed en vrye eksperimentasie verkies, met die idee van die kunstenaar as ’n “geïnspireerde” skepper, eerder as slegs ’n tegniese maker.