• Lyfuns (“Body Art”) sluit die menslike liggaam as die medium van uitdrukking in. Die kunstenaar se liggaam word dikwels, maar nie noodwendig nie, gebruik.
• Die aktiwiteite wat verwant is aan die gebruik van lyfkuns vind plaas deur fotografie, film en teks sodat dit gedokumenteer kan word. Meeste aksies vind in die publiek plaas waar daar ’n direkte interaksie is tussen die kyker en die kunstenaar / uitvoerder is.
• Die poging om weg te beweeg van die stelsel van kommersialisasie van kuns deur dit deel te maak van die daaglikse lewe en dit dus onmoontlik te maak om as ’n voorwerp verkoop te word, bly ’n belangrike aspek van lyfkuns.
• Mutilasie, of om die liggaam te druk tot by sy fisieke grense, is ’n belangrike metode wat gebruik word om ’n stelling deur lyfkuns te maak.
• Die afwesigheid van die liggaam is ook ’n strategie wat gebruik kan word tydens die beoefening van lyfkuns.
• Liggaamsmodifikasie deur inplantings of plastiese chirugie is nog ’n tegniek wat deur sommige van die kunstenaars gebruik word om die boodskap oor te dra.
MARC QUINN, SELF, 1991. BLOED, VLEKVRYE STAAL, PERSPEKS, VERKOELINGSGEREEDSKAP. HIERDIE GEVRIESDE BEELDHOUWERK WAS ’N SKEPPING WAT
BESTAAN HET UIT 4.5 LITER VAN DIE KUNSTENAAR SE EIE BLOED WAT OOR ’N PERIODE VAN 5 MAANDE UIT SY LIGGAAM GENEEM IS.
BRUCE NAUMAN, SELF PORTRAIT AS A FOUNTAIN. 1966 – 1967. KLEURFOTO. HIERDIE DOKUMENTASIE VAN NAUMAN SE OPVOERING TERWYL HY WATER SPOEG, KAN KOMMENTAAR WEES OP DUCHAMP SE ONDERMYNENDE WERK, FOUNTAIN. NAUMAN HET DUCHAMP SE WERK ONDERMYN, OMDAT DIE KUNSTENAAR NIE NOU SLEGS DIE OUTEUR IS NIE, MAAR OOK DIE KUNSWERK.
DENNIS OPPENHEIM, READING POSITION FOR SECOND-DEGREE BURN, JONAS STRAND, NEW YORK. 1970. BOEK, VEL, SONENERGIE. BLOOTSTELLINGSTYD: 5 UUR. OPPENHEIM WAS BEHEP MET DIE IDEE VAN KLEURVERANDERING, ’N TRADISIONELE KWESSIE VIR ‘N SKILDER, HY BEREIK DIT DEUR DIE EENVOUDIGSTE MANIER BESKIKBAAR – SON WAT DIE VEL BRAND.