middel en voete hê. Stede moet geskaal word volgens mense met woonstelle wat nie hoër as vier verdiepings is nie sodat mense nog steeds op straatvlak na ander kan roep. ’n Huis of stad is leeg sonder menslike konneksies, bv. die kaggel of ’n sentrale piazza. As gevolg hiervan, is daar ’n sterk gebruik van klassieke elemente. ’n Suil het ’n kop, middel en voete. Baie van die Post- Modernistiese argitekte gebruik klassieke elemente soos pilare, muurpilare en friese. Dit is egter nie Neo-Klassiek nie omdat daar ’n mengsel is van ander tradisies, soos die Moderne tradisie. Dit is dikwels spelerig en selfs humoristies.
• Modernisme plaas groot klem op die aaneenlopendheid van ruimte in argitektuur, maar hulle ruimte was dikwels eentonig en in reghoeke ingedeel. Post- Modernisme wil interessante ruimte skep. Die Post-Modernistiese ruimte is dubbelsinnig, irrasioneel en gefragmenteer.
• Post-Modernisme se belang in geskiedenis sluit die plaaslike omgewing van die beplande gebou in. Post-Modernisme beklemtoon die etniese agtergrond, plaaslike boumateriale en tradisies.
• Kleur maak ’n belangrike terugkeer. Die palet van Post-Modernisme is meer spelerig, bv. pastelle, en soos Laat- Modernisme gebruik die beweging kleur om die strukturele kwaliteite te verbeter.
• Versiering speel ’n belangrike rol in die vermensliking van ’n gebou en hoewel dit soms wispelturig voorkom, is dit goed beplan. Post-Modernisme kan beskou word as argitektuur wat die mens wil dien. Die argitek is ’n individu met die vryheid om enige bronne in sy werk te gebruik.
• Post-Modernistiese argitekte waardeer ou geboue en vernietig hulle nie eenvoudig om plek te maak vir nuwes nie. Hulle sal dikwels ’n ou gebou inkorporeer, of ’n ou fasade gebruik in die nuwe gebou wat hulle besig is om op te rig.
JAMES STIRLING, VERANDERINGE AAN DIE NEUE STAATSGALERIE, STUTTGART, 1977 – 84
MICHAEL GRAVES, SWAN HOTEL, WALT DISNEY WORLD, FLORIDA, 1990.
MICHAEL GRAVES, TEAM DISNEY, DIE MICHAEL D. EISNER-GEBOU, BURBANK, KALIFORNIË. 1991