Juan Gris het by Picasso en Braque aangesluit. • Die ontdekking van collage en papier was belangrik. Collage is vir die eerste keer gebruik toe Picasso ’n stukkie papier op sy doek in 1908 geplak het.
• Analitiese Kubisme se oorsprong was in die werklikheid, maar hulle kuns het toenemend abstrak begin raak en was moeilik om te lees. Hulle wou ’n skakel met die werklikheid hê. Daar moet oorweeg word of die geskilderde deel ’n illusie skep terwyl die geplakde koerant en spyskaart na die werklikheid verwys.
• Die eerste Kubistiese collage was Picasso se Still Life with Chair Caning, 1912. Picasso het ’n stuk oliedoek aan sy werk vasgegom. Dit het ’n gedrukte patroon van ’n geweefde rottangstoel, wat die hele stoel aandui. Die werk is omraam met regte tou.
• Hulle werksmetode was nou anders as tydens die Analitiese Fase. Hulle het eers die stukke papier aan die doek vasgegom, wat ’n vrye komposisie geskep het. Toe is die werklikheid bekendgestel. Kontoere was nie dieselfde nie. As ’n bottel byvoorbeeld geteken is op ’n stuk groen papier, weet ons die bottel is groen, selfs al verskil die vorm daarvan van die groen papier s ’n .
• Hulle metode was sinteties – ’n sintese of kombinasie van verskillende elemente. Betekenis is later bekendgestel, bv. ’n stuk bruin papier het ’n kitaar met lyne daarop geword.
• Die prentvlak het minder kompleks geword. • Areas van kleur het ontwikkel in kontras tot die uiterste fasette van die Analitiese Fase.
• Kleur is weer bekendgestel. • ’n Baie vlak oppervlak word aangebied. •
’n Verskeidenheid teksture, bv. collage, houtlyne, ens., word bekendgestel.
• Verskillende soorte media, soos collage, gips, ens., verryk die oppervlak.
• Geen ruimte is deur illusie geskep nie. • Onderwerpe is feilik slegs stillewes.
PABLO PICASSO, VIOLIN WITH FRUIT, 1913. COLLAGE
GEORGES BRAQUE, VIOLIN AND NEWSPAPER MUSICAL FORMS, 1912. HOUTSKOOL EN OLIE