Hierdie werk het ’n skandaal by die Franse Salon veroorsaak omdat dit ’n lewensgrootte uitbeelding is van ’n begrafnis van gewone mense in Courbet se dorpie.
Wat wou Realisme in kuns bereik? Het Courbet in hierdie doelwitte geslaag met hierdie werk? Verskaf redes vir jou antwoord deur te verwys na die stilistiese kenmerke van die werk.
GUSTAVE COURBET, A BURIAL AT ORNANS, 1849. OLIE OP DOEK
6 Simbolisme c.1885 - 1910
Simbolisme het ontstaan as ’n reaksie op Realisme en Impressionisme, aangesien die Simboliste gevoel het dat die vorige bewegings die verbeelding en emosies ignoreer het. Die Simboliste wou skilderye skep wat sekere gemoedstemmings en gevoelens ontlok het. Simbolisme was ook ’n sterk tendens in die letterkunde. Die Simbolistiese skilders het mitologie en droombeelde gebruik as die visuele taal van die siel.
Hulle het tonele uit die natuur, menslike aktiwiteite en ander verskynsels op ’n hoogs metaforiese en suggestiewe manier geskilder. Hulle het esoteriese elemente in sekere beelde en voorwerpe gebruik.
GUSTAVE MOREAU, THE APPARITION, C. 1876. OLIE OP DOEK