by die style van die verlede, selfs uit die Modernistiese verlede. Dit bied die kunstenaar die vryheid om te kan kies sonder om met ’n spesifieke styl te identifiseer. in argitektuur het dit gemanifesteer in opstand teen die internasionale styl en maak breedvoering gebruik van eklektiese verwysings, bv. die geboue van Michael graves.
Pre-Raphaeliete: Engelse beweging wat in 1849 gestig is met die doel van die herlewing van die eer- like eenvoud van vroeë italiaanse skilders wat floreer het voor raphael, dus ‘Pre-rapaelieite. Hulle het baie temas uit die middeleeue en literatuur geneem en het meestal op ’n morele les in hul werke gefokus.
Primêre kleure: Oorspronklike kleure; kan nie geskep word deur die vermenging van ander kleure nie; primêre rooi, geel en blou; alle ander kleure kan teoreties uit hierdie kleure gemeng.
Primêre kontoer: Die buitenste vorm van vorm / voorwerp.
Projek-opdrag: Formeel geskrewe instruksies wat voorberei word deur ’n kliënt vir ’n ontwerper wat presiese instruksies bevat van dit wat van die ontwerper verwag word, vereistes, doelwitte, kwaliteit van die finale produk en funksionaliteit of gebruik.
Propaganda: Kuns wat ’n politieke doktryn voorstel en wat ’n sekere party / staat / politieke gedagte het oor ’n ideologie, idee of saak. gewoonlik word misleidende of verdraaide inligting versprei.
Proporsie: Vergelykbare verhouding tussen elemente of voorwerpe.
Publieke beelhouwerk: Kan abstrak wees of iets spesifiek vertoon; kan ’n nasie- of kulturele trots simboliseer; die posisionering en liggine van publieke beelhouwerk speel ’n noodsaaklike rol en dra by tot die omgewing waarin ons onself bevind.
R
Radiale balans: Dieselfde as simmetriese balans maar in dié geval word dit verryk deur ’n 3D-vorm soos ’n sfeer. Wanneer die sfeer in die helfte gesny word, is beide kante presies dieselfde. Balans word bereik deur elemente in ’n sirkulêre patroon rondom die sentrale as te rangskik; balans in alle rigtings rondom ’n sentrale punt.
Rasionalisme: Die oortuiging dat rede die fondasie van alles is en dat dit meerderwaardig en onafhanklik van sintuiglike persepsie is.
Realisme: Middel 19de eeuse Franse beweging wat gefokus het op onderwerpe in die alledaagse, werkersklaslewe sonder enige idealisasie of stilering, bv. Daumier, Courbet, Millet.
Reliëf-beelhouwerk: gewoonlik deel van argitektuur. Onderskei tussen hoë reliëf waar vorms diep uitgekerf is en uitstaan en lae reliëf waar vorms naby die oppervlak van ’n tekening is.
Reliëf: 3D-vorm wat uit ’n 2D-oppervlak rys.
Renaissance: Beskryf die periode vanaf die 14de tot die 16de eeu in Europa. Die renaissance het in italië ontwikkel tydens die laat middeleeue, van waar dit versprei het na die res van Europa. Die renaissance verteenwoordig ’n geleidelike verskuiwing van die mensdom se gedagtes en lewensbesk- ouiing sedert die middeleeue.
Rigting: ’n Ware of denkbeeldige lyn waarteen ’n voorwerp beweeg of na toe wys. VISUELE KUNSTE GRAAD 11