Dada: 1916 – 1921.’n anti-rasionele, anti-estetiese beweging wat begin het as ’n protes teen die Eerste Wêreldoorlog. Die kunstenaars wou skok en het werke uit onkonvensionele materiale gemaak of die gebruik van geleenthede geskep, bv. Duchamp, arp, schwitters.
De Stijl: 1917 – 1931, Holland, kunstenaars gebruik geometriese, abstrakte vorms en primêre kleure om universele harmonie te toon, bv. Mondrian, Van Doesburg, rietveld.
Dekalkomanie: Kleur word aangewend op ’n vel papier met ’n ander vel wat liggies bo-op dit gedruk word, en dan opgelig word net voor die verf droog word, bv. Ernst in surrealisme.
Dekonstruktivisme: argitektuur styl sedert die 1980’s wat probeer om argitektuur in stukkies te beskou. Die basiese elemente van argitektuur word ontbloot in geboue wat lyk of hul geen visuele logika het nie en kom voor of hulle gemaak is van onverwante, disharmonieuse abstrakte vorms, bv. Frank gehry.
Dekoratiewe: Kunswerke waar patroon of versiering beklemtoon word, bv. Matisse. Demping: Om ’n kleur, tekstuur of lyn sagter te maak in kwaliteit; staan nie uit nie. Deurtrekte kleur: Mees suiwer en helder toestand van kleur; geen wit word bygevoeg nie. Deurweking: graad van die intensiteit en helderheid van ’n kleur.
Diagonale lyne: lyne wat van die linker onderste hoek na die regter boonste hoek en vice versa beweeg.
Digitale Kuns: Enige kunsvorm wat deur rekenaartegnologie beïnvloed word. Dit het begin as die maak van twee-dimensionele kunswerke met behulp van ’n rekenaar, maar het nou ontwikkel tot interaktiewe kuns wat die kyker ’n sekere mate van invloed oor die finale beeld of ontwikkeling van die kunswerk gee.
Digitale ontwerp/media: Druk, televisie, film en video, internet, animasie, webwerf, ontwerp.
Dimensies: afmeting van enige soort (hoogte, lengte, breedte, ens.); kan verwys na ruimte. Die dimensies van ’n voorwerp kan twee-dimensioneel (plat of die illusie dat dit plat is) of drie-dimensio- neel wees.
Dimensioneel: Wanneer ’n mens rondom ’n voorwerp kan beweeg of die illusie geskep word dat ’n mens dit kan doen.
Rigtings-aanduidende: Wanneer plasing / posisionering van hierdie elemente ’n duidelike gevoel van rigting projekteer wat die kyker se oog op ’n spesifi eke visuele pad / rigting lei.
Divisionisme: Vanaf impressionisme waar suiwer kleure langs mekaar geplaas word om gemeng voor te kom vanaf ’n afstand; verdeling van kwashale.
Drie-dimensioneel: ’n Voorwerp wat diepte, hoogte, lengte en wydte het wat dit moontlik maag on van vanaf alle hoeke (bo, onder, kant en agter) besigtig te word – ’n mens kan rondom die werk stap.