Gebeurtenisse (“Happenings”): Multimedia kunswerke wat ook beskryf kan word as ’n kunsgebeur- tenis. Dit bestaan gewoonlik uit ’n verhoog- of voorgeskrewe produksie wat die deelname van die gehoor verg om die werk te voltooi. Dit word beskou as ’n voorloper van “Performance” kuns en het ontwikkel uit die teater bedrywighede wat deel van Dada- en surrealisties-uitstallings is.
Geen deurweking: skakerings van grys.
Geïmpliseerde beweging: Om die gevoel van beweging te skep in ’n beeld wat nie die vermoë het om te beweeg nie; verkry deur die manier wat jy jou kunselemente gebruik; herhaling van elemente kan ook hierdie resultaat hê.
Geïmpliseerde lyn, oppervlakte of vorm: Voorgestel aan die oog maar is nie werklik daar nie.
Geïmpliseerde spasie: 3D-spasie wat geprojekteer word op ’n 2D-oppervlakte; met ander woorde dit skep die illusie van ’n 3D-spasie maar is eintlik net ’n 2D-oppervlakte.
Gemengde Media: Wanner ’n kunstenaar verskillende media, materiale, en tegnieke in een werk gebruik. Generies: ’n algemene eienskap wat betrekking het op enige individu van ’n groot groep of klas. Genre-skilderye: skilderye wat daaglikse lewe uitbeeld soos plaaslike lewe, dorpstonele en stillewes. Geometriese vorms: gebaseer op geometriese, wiskundige vorms, soos ’n sirkel, vierkant of reghoek.
Geraamtestruktuur: ’n ‘geraamte’ van staal; ondersteun die hele gebou en maak byvoorbeeld gor- dynmure moontlik.
Gestileerde: Dit verwys na verdraaiing van verteenwoordigende visuele beelde in ooreenstemming met sekere kuns konvensies of om sekere ontwerpskwaliteite te beklemtoon. Dit verwys ook na ’n kunstenaar se gebruik van standaardeienskappe om ’n voorwerp uit te beeld. slegs die algemene vorm word gewys, maar detail word geïgnoreer. afgewerk tot basiese, herkenbare kenmerke.
Gevonde voorwerp: ’n Natuurlike of mensgemaakte voorwerp soos dryfhout of ’n bottel wat onveranderd is, word of uigestal as ’n kuns voorwerp in sy eie reg of ingewerk in ’n kunswerk.
Globale: Wêreldwye.
Gordynmuur: ’n Dun, nie-gewigdraende muur soos die groot oppervlaktes van glas wat baie moderne geboue bedek.
Graffiti: slagspreuke, beelde en woorde in publieke plekke. in italiaans beteken dit “krapmerke op ’n muur”. Grond: agtergrond of oppervlak waarin vorm of merke gemaak word.