Verduidelik wat die volgende mense in die kunswêreld doen • Kunsrestoreerder • Kurator •
skenker
• Kunsversamelaar • resensent / Kritikus
Die primêre elemente van die kunswêreld is DiE KuNsWErKE, DiE KuNsTENaars, uiTsTalliNgs en DiE KyKErs. Daar is ’n groot reeks faktore wat mekaar beïnvloed ten opsigte van hierdie elemente.
2 Wat is dit? Vir wie is dit geskep?
Watter materiale is gebruik? in watter toestand is dit? is dit die enigste een?
Wat word daarin uitbebeeld? Wat het dit beteken?
Wat het dit daardie tyd beteken? Hoe is dit aangebied?
KUNSWERK
(toepaslik op sommige ouer kunswerke)
Kunswerke
‘n Moeilike vraag wat gereeld geopper word oor kunswerke is WAT IS KUNS? antwoorde op hierdie vraag kan nie slegs een definisie hê nie. Kuns is nog altyd ’n menslike aktiwiteit wat sedert die begin van tyd in alle kulture ontstaan het. Die konsep kuns het nie altyd in alle kulture bestaan nie, maar voorwerpe wat nou geklassifiseer word as kuns – was ’n belangrike deel van die funksionerende samelewing.
Kunswerke is die primêre bronne om ’n groot hoeveelheid inligting oor ’n kunstenaar te interpreteer. Die volgende vrae kan gebruik word as ’n basiese riglyn om die kunswerk en die kunstenaar te kontekstualiseer, en daardeur hulle posisies in die kunswêreld te bepaal. ’n Mens kan ook ’n meer ingeligte definisie van die vraag WaT is KuNs? kry deur hierdie vrae oor ’n verskeidenheid kunswerke te beantwoord.
Wanneer is dit hierheen gebring? Waar is dit?
Hoe het dit hier gekom? Wie het dit geskep? Wie het dit gekoop? Hoekom is dit gekoop? Hoeveel het dit gekos? Wie kyk daarna?
Wie het daardie tyd daarna gekyk?
Deur die studie van kuns kan kunswerke in verskeie kategorieë geklassifiseer word wat ’n effek het op die gevolgtrekkings wat gemaak word. Die volgende algemene klassifikasies word ingesluit om jou te lei om te onderskei tussen verskeie bedoelings en funksies van kunswerke binne die breër oorsig van DiE KuNsWÊrElD.