Klee (1879 – 1840) was ’n Sweedse kunstenaar wat bekend is vir sy wispelturige en kinderlike benadering tot kuns.
PAUL KLEE, SENECIO, 1922. OLIE OP DOEK
Chagall (1887 – 1985) was ’n Russiese Jood wat ’n unieke narratiewe styl geskep het wat geïnspireer is deur Joodse volkskuns en die dorpslewe van sy kinderdae. Sy werk is gevul met droomagtige fantasie wat uitgebeeld word in briljante kleur.
Giacometti (1901 – 1966) is die bekendste vir sy beeldhouwerke van maer, verlengde figure van eksistensialisme na die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie is ’n voorbeeld van ’n Surrealistiese beeldhouwerk.
MARC CHAGALL, THE FALLEN ANGEL, 1923 – 47. OLIE OP DOEK
ALBERTO GIACOMETTI, WOMAN WITH HER THROAT CUT, 1932. BRONSGIETVORM
Moore (1898 – 1986) was ’n Britse beeldhouer wat bekend is vir sy liggende figure wat deur nie-Westerse kuns geïnspireer is.
HENRI MOORE, RECLINING FIGURE, 1939. IEPHOUT VISUELE KUNSTE GRAAD 11