Die insluiting van hierdie figuur as ’n aparte entiteit kan ook ’n vergelyking met die sensuele aspekte wees. Die teksture en tonale waardes van die vlees word op ’n soortgelyke manier as die van die landskap geskilder. Louw se skilderye het verskriklik baie geïmpliseerde betekenisse. ’n Filosofiese en sielkundige uitgangs- punt tot eksistensiële kwessies van menslikheid, seksualiteit en ras word binne die Suid-Afrikaanse konteks as onderliggend tot sy skilderye beskou.
JOHANN LOUW. SEATED FIGURE WITH GLOVE. 2002. OLIE OP DOEK
JOHANN LOUW. LARGE HEAD LYING. 2006/7. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11