miTologiese wesens -Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteite lei.
Jy moet met jou BRONBOEK begin om jou idee te ontwikkel.
DIE VOLGENDE IS ’N PAAR OPSIES OM IN JOU BRONBOEK TE ONDERSOEK:
• Versamel beelde van mitologiese wesens wat geskep is deur die volgende kulture: San, Afrika, Egipties, Indies, Australiese inheemse mense ens. Soek voorbeelde wat ’n kombinasie diere- en menslike vorms insluit. Plak ten minste vyf voorbeelde op ’n bladsy en skryf beskrywende kommentaar langs elkeen waarin jy beskryf wat jy sien asook enige simboliese betekenis wat jy nagevors het.
• Kies verskillende dele van vyf van die voorbeelde hierbo en skep ’n “nuwe” mitologiese wese. Gebruik potlode en kleur hulle in. Gee spesiale aandag aan die weergee van teksture. Onthou dat ’n potloodtekening tone moet insluit tussen die wit papier en die donkerste merk wat jy kan maak met ’n sagte potlood soos ’n B6.
• Nou moet jy jou eie mitologiese wese ontwikkel deur iemand van jouself en die tyd waarin jy lewe te vertel. Begin deur ’n breinkaart te maak waar jy moontlikhede vir die volgende neerskryf:
Kop – ’n dier wat jy dink jou persoonlikheid weerspieël. Beskryf in woorde hoe jy voel dat hierdie dier jou verteenwoordig. As jy ’n gedig of ’n liedjie oor die dier kan kry, kan jy dit ook in jou bronboek inplak. Miskien kan jy ’n gepaste gedig skryf?
Liggaam – gaan dit die liggaam van ’n mens of ’n dier wees; of albei? Oorweeg ’n insek se liggaam.
Ledemate – oorweeg vlerke, veelvoudige bene/arms, verlengings soos antenna, horings, strale van krag, ens.