PATRICK DEMARCHELIER, MODEFOTO VIR HARPERS BAZAAR, 2002.
8.4 Voltooi in jou VKS-werkboek. YINKA SHONIBARE, THE SWING (AFTER FRAGONARD), 2001. STANDBEELDINSTALLASIE
yinka Shonibare is in 1962 in londen gebore. Sy ouers was nigeries en hulle het kort na sy geboorte na lagos in nigerië getrek. Shonibare het op 16 teruggekeer engeland toe om kosskool by te woon, gevolg deur kunsstudies in londen, waar hy nou woon en werk. Hy maak gebruik van Afrika-materiale (Hollandse wasdrukkatoen) om hierdie figuur te skep. Hierdie soort materiaal is baie gewild in Afrika en daar word dikwels aangeneem dat dit sy oorsprong in Afrika het. In werklikheid is die materiaal in Indonesië ontwikkel, toe uitgevoer na engeland en die nederlande toe, en daarna verkoop aan Afrika- handelaars. Shonibane het in hierdie werk die materiaal verander om mode-logos soos Chanel in te sluit. Shonibare het gesê: “ek het hierdie werk gemaak omdat ek eintlik die skildery baie bewonder. ek hou van die teenstelling om iets te neem wat veronderstel is om etnies te wees en dit in ’n klassieke europese skildery te plaas. ek wil wys dat daar agter uitspattige lewenstyle mense is wat die werk moet doen om hierdie soort lewenstyl te laat gebeur”.
kyk nA DIe BogAAnDe VISuele BRonne en leeS DIe tekS. SkRyF ’n PARAgRAAF DeuR DIe VolgenDe te BeSPReek:
• wat is die funksie van die modefoto’s in Harpers Bazaar? wat vertel dit ons van die rok deur Fragonard se skildery as die agtergrond te gebruik?
• Vergelyk en kontrasteer die figure in beide Shonibare en Fragonard se swaaie.
• Hoe weerspieel hulle die tye waarin hulle geskep is?
• “ek wil wys dat daar agter uitspattige lewenstyle mense is wat die werk moet doen om hierdie soort lewenstyl te laat gebeur”. Verduidelik in jou eie woorde wat Shonibane bedoel met hierdie stelling.